Renbaan word dalk meer as 8 000 woonplekke

2016-03-09 06:00

DIE Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se planne om die Arlington-renbaan te koop en in ’n behuisingsontwikkeling te omskep, het weer onder die loep gekom.

’n Verslag oor die koste wat dié stap sou behels, is verlede week deur die DA in ’n vergadering van die komitee vir menslike nedersettings aangevra.

Die munisipaliteit wil die erwe waarop die renbaan geleë is, gebruik vir ’n ontwikkeling wat tot 8 760 wooneenhede, vier skole, kantoorgeboue en winkels kan bevat.

“Ons moes aanvanklik bespreek of die uitvoerende direkteur van menslike nedersettings by magte moet kan wees om die grond van die Arlington-renbaan te koop,” het Andrew Gibbon, DA-raadslid in die komitee, gesê.

“Toe het ons egter gevra vir ’n volledige verslag wat die onkostes van dié eiendom uiteensit.

“Dit is nie net oor die prys van die grond nie, maar ook die koste van dienslewering en die verskaffing van die nodige infrastruktuur, insluitend paaie. Ons kan nie die grond koop as ons nie eers weet waarvoor ons onsself inlaat nie.”

Volgens Gibbon sal die verslag na verwagting op die volgende komiteevergadering voorgelê word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.