Sjebiens se sake-ure weer bekyk

2017-05-24 06:03
John BestFoto: VERSKAF

John BestFoto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SJEBIENS en tavernes se dae van sake ná die vasgestelde ure in die Nelson Mandelabaai-metro doen, is dalk getel.

Die munisipaliteit se komitee oor veiligheid en sekuriteit het hom Dinsdag op sy vergadering daartoe verbind om dié praktyk te ondersoek.

Marlon Daniels, raadslid van die Patriotic Alliance, het sy kommer uitgespreek oor die verontagsaming van munisipale verordeninge na aanleiding van boetes van R45 250 wat daarvoor opgelê is.

Hy het versoek dat die metropolisie – wat vir die toepassing van die verordeninge verantwoordelik is – meer besonderhede gee oor watter verordeninge oortree is waarvoor die boetes opgelê is.

“Ons moet nie agter ’n personeeltekort skuil wanneer munisipale verordeninge toegepas moet word nie. Daar is baie klagtes en ek weet nie wie om te nader nie, want die polisie sê dit is ’n munisipale verordening.

“ ’n Spesifieke voorbeeld is dat daar ’n drankverkooppunt in Gelvan Park baie naby ’n moskee, kerk, dagsorgsentrum en skool is waar mense in hul kampeerstoele sit. Hulle drink en urineer oral. Die gemeenskap kla en ek het met die metropolisie in verbinding getree om daarheen te gaan,” het Daniels gesê.

Volgens hom moet die vergadering leiding gee oor hoe om die ware kwelpunte van die gemeenskappe te hanteer.

“Ek praat nou van 30 tot 40 motors wat by die plek parkeer en waar mense openlik drank gebruik – van vroeg af wanneer mense op pad kerk toe is. Ek is seker dat dit ook in ander gebiede gebeur.”

John Best, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het met Daniels saamgestem. “Jy slaan die spyker op die kop. Ek wil jou goeie nuus gee. Die taakspan vir die toepassing van munisipale verordeninge is gevestig.

“Ons is tans besig om sake met die polisie te bespreek. Dit is die plig van die aangewese vuurwapenbeampte wat ook die aangewese drankbeampte by elke polisiekantoor is om die Drankwet toe te pas.”

Volgens Best is toegewings aan alle wettige drankverkooppunte gemaak om tot 04:00 oop te bly. “Dit moet stop omdat die wet bepaal dat hulle tot 02:00 oop kan bly.

“Ons sal ook ondersoek instel na die proses wat gevolg is met die aansoek vir die vestiging van die verkooppunte, aangesien die wyksraadslid sy motivering en die gemeenskap hul goedkeuring moet gee. Ek gee julle my woord dat die metropolisie dit in oorleg met die polisie sal hanteer.”

Gustav Rautenbach, DA-raadslid, het bygevoeg dat die Oos-Kaapse drankraad die een is wat nie die wette toepas nie.

“ Die ander probleem is dat daar geen samewerking en kommunikasie tussen die drankraad en die munisipaliteit is nie.”

Best het onderneem om ’n vergadering met die drankraad te belê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.