Skeepshouer vol boeke vir Baai se skole

2017-01-25 06:02
Van links delf Veronique Heemro in gr. 12 aan die Sanctor High School, Nadeerah Abader, ’n Engelsonderwyseres by Sanctor, Nicki Hufkie, ’n Engelsonderwyseres aan die Chatty Senior Secondary School, en Rostin Greeff, in gr. 9 aan die Bethelsdorp Comprehensive School, deur die boekeskatkis.  Foto’s: Alvené Appollis

Van links delf Veronique Heemro in gr. 12 aan die Sanctor High School, Nadeerah Abader, ’n Engelsonderwyseres by Sanctor, Nicki Hufkie, ’n Engelsonderwyseres aan die Chatty Senior Secondary School, en Rostin Greeff, in gr. 9 aan die Bethelsdorp Comprehensive School, deur die boekeskatkis. Foto’s: Alvené Appollis

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR het letterlik boeke vir Afrika in ’n roeskleurige skeepshouer vanuit Amerika vir leerlinge in Port Elizabeth aangekom.

Dié reusevrag vir behoeftige laer- en hoërskole in Nelson Mandelabaai het verlede Donderdag aangeland en bevat ensiklopedieë, klassieke boeke, romans, storieboeke vir kleuters, gidse vir die klaskamer asook ’n boek of twee oor Amerikaanse sport – leesstof waaroor baie slegs kan droom.

Hiermee hoop hoofde dat die boekwurm opnuut by skole sal nesskop.

“Daar is tot boekies en opvoedkundige speelgoed vir my kindertjies met leerbehoeftes,” sê Belinda Allie, waarnemende skoolhoof by Bayview Primary School in Helenvale.

“Baie van my kinders het fetale alkohol­sindroom (FAS) en ons skole in die noordelike voorstede kan nie eens iets eenvoudig soos boublokke bekostig nie. Dit was ’n reusetaak om die boeke en ander hulpmiddels uit te sorteer en seker te maak dat alle skole hul deel kry.

“Die lekker ding van skole in die noordelike gebiede is dat ons mekaar se behoeftes ken, ons weet dus wat vir wie sal werk.”

In die 12 m lange skeepshouer was ook klere, sporttoerusting en gereedskap vir die klaskamer wat deur die United States African Fellowhip bymekaargemaak is.

Die Amerikaners het deur die Teba-trust, wat juis skoolprojekte in landelike dele van die Oos-Kaap bedryf, van die behoefte aan boeke in skole in Nelson Mandelabaai se townships en noordelike voorstede te hore gekom.

Dis tóé dat die Teba-trust met die Helping Hands-trust, wat deur Nelson Mandelabaai se metro-sekuriteit ondersteun word, plan maak om in dié behoeftes te voorsien.

“Een van Helping Hands se fokusse vanjaar is onderwys en om dié landskap – veral tussen die onderwyser, die leerling en die gemeenskap – te verbeter,” verduidelik Achmat Mohamed, voorsitter van die Helping Hands-trust.

“Ons het die geleentheid aangegryp met die doelwit om ’n beter atmosfeer vir leer in ons skole te skep. Ons wil ook die kultuur van lees en die liefde daarvoor weer terugbring, maar dit gaan nie nét oor lees nie, maar dat kinders verstaan wat hulle lees.”

Mohamed glo dat as ’n kind van kleins af met begrip lees, dit leerwerk in hoër grade makliker sal maak.

“By die skole in die ou Transkei het ons vier jaar gelede al leesprojekte begin as deel van ons maatskaplike opheffingswerk en dié vrag na Nelson Mandelabaai is die begin van ’n soortgelyke projek,” sê Derick Elbrecht, uitvoerende hoof van die Teba-trust.

“Daar het ons al aan 100 skole vragte boeke verskaf, maar saam met die leesprogram moet daar byvoorbeeld ook in skole debatte gevoer word en spelkompetisies gehou word.”

Soos Mohamed glo Elbrecht ook dat lees skole se matriekuitslae op die lange duur kan verbeter. Elbrecht sê Teba doen juis tans ’n impakstudie om te kyk hoe die uitslae by skole waar die program aangebied word, verbeter het.

“As ons eers die statistieke het, kan ons werklik sien hoe dit werk.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.