Skenk ’n boek en help ’n kind lees

2016-04-06 06:00
Hoe meer boeke, hoe meer vreugde. Die #ITSAEMPTYTRUCK-veldtog beoog om dié Isuzu-vragmotor tot bo te vul met boeke wat dan aan die Ironman 4 Kidz-welsynorganisasie geskenk sal word. Die gemeenskap word aangemoedig om die stof van hul ou boeke af te vee en hul deel te doen om die vragmotor te laat kreun onder die boeke.  Kyk uit vir só ’n boks (regs )om die boeke in te sit wat hulle wil skenk. Wanneer die bokse vol is, sal dit in die gemerkte #ITSAEMPTYTRUCK-vragmotor leegge­maak word.  Foto’s: VERSKAF

Hoe meer boeke, hoe meer vreugde. Die #ITSAEMPTYTRUCK-veldtog beoog om dié Isuzu-vragmotor tot bo te vul met boeke wat dan aan die Ironman 4 Kidz-welsynorganisasie geskenk sal word. Die gemeenskap word aangemoedig om die stof van hul ou boeke af te vee en hul deel te doen om die vragmotor te laat kreun onder die boeke. Kyk uit vir só ’n boks (regs )om die boeke in te sit wat hulle wil skenk. Wanneer die bokse vol is, sal dit in die gemerkte #ITSAEMPTYTRUCK-vragmotor leegge­maak word. Foto’s: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MOENIE dink die bestuurder het die pad bys­ter geraak wanneer jy ’n groot leë lorrie by vanjaar se Ysterman-uitdaging geparkeer sien staan nie.

Krap liewer in jou sak om te kyk of jy nie dalk tog ’n boek saamgebring het nie, want dit is hoekom dié groot vragmotor daar sal staan – om boeke in te samel vir die kinders wat dit nodig het.

Die #ITSAEMPTYTRUCK-veldtog is spesifiek begin om ekstra gewig aan die Ironman 4 Kidz-welsynorganisasie te verleen.

“Lees vorm deel van nasiebou en die onus rus op ons Suid-Afrikaners om betrokke te raak by die nasionale poging om ongeletterdheid hok te slaan,” het Lisa van Aswegen, die kliëntediens- en bemarkingsbestuurder van Isuzu Trucks South Africa, gesê.

Wanneer die trok vol is, sal Ironman 4 Kidz die boeke verdeel tussen die kinderhuise wat hulle ondersteun. Die boeke wat bo dié kinders se vuurmaakplek is, sal ook op ’n spesiale boekverkoping van die hand gesit word waarna die geld na die kinderhuise sal gaan.

Van Aswegen doen ’n beroep op die Ysterman-toeskouers om dié boekeprojek te ondersteun. Leesboeke, handboeke en selfs tydskrifte kan geskenk word.

“Woorde, geskrewe én gesproke, is die boustene van die lewe,” beklemtoon Van Aswegen, “daarom is leesboeke so belangrik.”

’n Enkele boek onder die leesoë van ’n minderbevoorregte kind kan net daardie deur wees wat oopswaai en ’n lewe vol belofte en moontlikheid vir hom of haar kan wys, glo Van Aswegen.

Om die boekinsameling so doeltreffend moontlik te maak, word bokse (gemerk #ITSAEMPTYTRUCK) vir boekskenkings by verskeie Baaise besighede, skole en hotelle geplaas en sal nog tot 18 April beskikbaar wees.

Die veldtog is gebaseer op Brasilië se “empty shop-” konsep waardeur mense aangemoedig is om soveel klere vir behoeftiges te skenk dat dit ’n leë winkel sal kan vul. Suid-Afrika het sy eerste “empty shop” in 2014 in Sandton, Johannesburg, oopgemaak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.