Speelgoedbiblioteek in Helenvale gee hoop

2016-06-29 06:00
Dié kleingoed in Stanfordweg in Helenvale se “Die Gaat” was opgewonde om met van die speelgoed uit hul nuwe speelgoedbiblioteek kennis te maak. Van links is Neilon Joseph (7), Reagan Joseph, die stigter van die biblioteek, Ziyaanah Kafaar (4), Reece Cupido (1) en Rossique Williams (3). Agter is Chareline Bryintjies (11).  Foto: WERNER HILLS

Dié kleingoed in Stanfordweg in Helenvale se “Die Gaat” was opgewonde om met van die speelgoed uit hul nuwe speelgoedbiblioteek kennis te maak. Van links is Neilon Joseph (7), Reagan Joseph, die stigter van die biblioteek, Ziyaanah Kafaar (4), Reece Cupido (1) en Rossique Williams (3). Agter is Chareline Bryintjies (11). Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE hy as kind in Helenvale grootgeword het, was bakstene en doppies sy en sy vriende se speelgoed.

Nou stel Reagan Joseph (32) kinders in dié woonbuurt voor aan popspeel, boeke lees en teepartytjies met speelgoedteestelle.

Joseph het pas Helenvale se heel eerste speelgoedbiblioteek geopen.

“Kinders in Helenvale word hopeloos te veel aan bendegeweld blootgestel,” het hy gesê. “As die seuns buite speel, verbeel hulle hulself dat hulle vuurwapens vashou en skiet speel-speel na motors in die verbygang. Die idee is om ’n meer positiewe, kinderlike verbeelding by hulle aan te wakker.”

Die idee hiervoor is tydens sy uitreikingstogte in nedersettings in Kaapstad en Pietermaritzburg gebore terwyl hy vir ’n Amerikaanse universiteit gemeenskapswerk gedoen het. Hoewel die nuwe biblioteek maar ’n klein weergawe is van dié in ander stede, is dit vir Joseph die begin van “ ’n beter lewe” hier.

“Ek is op 12 jaar aan bendes voorgestel, maar ek kon gelukkig teen 13 jaar daarvan wegkom. Daarvoor het ek net die Here te danke.

“Omdat ek verstaan wat kinders in Helenvale deurmaak en hoekom bende-aktiwiteite hulle insluk, glo ek dat as kinders se verbeelding van kleins af konstruktief geprikkel word, die uiteinde anders kan wees.”

Vriende, familie en vrywilligers help binnekort vir Joseph om die kleinspan te leer lees.

“En ons wil die kinders wat nog nie in skole of kleuterskole is nie, leer tel. Terwyl ek weg van die huis was, was my plan nog altyd om terug te kom en só ’n projek in die noordelike gebiede, veral in Helenvale, te begin. Ons kinders moet terugkeer na die basiese,” glo hy.

Dié basiese sluit in tradisionele volkspeletjies en jaarlikse toernooie hiervoor.

“Ek kan egter nie veel doen sonder die hulp van die gemeenskap nie. Met die meeste projekte, en ook ons liefdadigheidsprojek vir Mandeladag – waarin ons 1 000 bunny chows wil maak om aan hongeres en haweloses te skenk – is dit familie en inwoners wat die wa deur die drif trek,” het hy bygevoeg. “Die armoede hier is oorweldigend. ’n Mens kan nie net sit en kyk hoe ons samelewing vergaan nie.”

  • Enigeen wat by dié projek óf die liefdadigheidsprojek vir Mandeladag betrokke wil raak, kan Joseph by 083 398 5899 skakel. Lesers kan ook ’n donasie by generosity.com maak onder die projek: A thousand bunny chows.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.