Tiener staal haar vir Switserland

2016-06-01 06:00
Jessica Brown (17) is gekies om die Internasionale Fietsry-unie (UCI) se oefenkamp in Switserland by te woon.  Foto: DEON FERREIRA

Jessica Brown (17) is gekies om die Internasionale Fietsry-unie (UCI) se oefenkamp in Switserland by te woon. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’N BAAISE tienermeisie is na die “Kamp Staaldraad” van baanfietsry in Switserland uitgenooi.

En as Jessica Brown (17) dié “uitmergelende oefenkamp” van die Internasionale Fietsry-unie (UCI) hierdie maand oorleef, is haar plek in Suid-Afrika se Statebondspele van 2022 of die Olimpiese Spele van 2020 so te sê bespreek.

Maar voordat Jessica oor dié moontlikheid begin droom, fokus sy op dié maand lange oefenkamp waaroor “spookstories” in fietsrykringe vertel word.

“Die oefenkamp is blykbaar die breekpunt vir meeste jong fietsrymeisies,” sê Jessica.

“Ek het gehoor die vlak en intensiteit van oefening wat tydens daardie oefenkamp plaasvind, is amper wreedaardig.”

Tog is Jessica “opgewonde” om saam met die bestes ter wêreld bloed te sweet.

“Ek weet dit gaan moeilik wees. My afrigter, Gerhard Meyer, het my reeds geestelik daarop voorberei, maar ek is baie opgewonde.

“Al wat my nog pla, is gerugte dat Engels nie ’n eerste of tweede taal daar is nie. Maar ek is seker ek sal verstaan wanneer ek op my fiets moet klim en oefen,” het Jessica geskerts.

Haar beste tyd op ’n 200 m-baan is 11.12 sekondes. “Nog ver van wat ek my beste wil hê,” sê sy vinnig.

Met die hoop om haar bene vir die langer afstande op die baan te versterk, bestee sy minstens 400 km per week op haar fiets.

Dit is ook dié toewyding wat haar in Maart ’n silwermedalje op die Suid-Afrikaanse fietsry-kampioenskapsbyeenkoms besorg het.

Jessica en Jennifer Abbott van Gauteng is die enigste twee Suid-Afrikaanse baanfietsryers wat ’n uitnodiging na die kamp ontvang het.

Die kamp word met deelname aan die UCI-kampioenskapsbyeenkoms tussen 20 en 24 Julie afgesluit.

“As die keurders van die kamp besluit ek is goed genoeg, sal ek moontlik langer aanbly en ’n plek in die Statebondspele- of Olimpiese Spele-span van 2020 hê,” het Jessica gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.