Toekennings erken bejaardes se waarde

2017-08-09 06:02
< Van links is die vorige wenners van die toekennings vir senior burger van die jaar, Mogan Segadavan, Margita Marx, Maggie Cunningham en Celeste van der Walt. Foto: ROSLYN BAATJIES

< Van links is die vorige wenners van die toekennings vir senior burger van die jaar, Mogan Segadavan, Margita Marx, Maggie Cunningham en Celeste van der Walt. Foto: ROSLYN BAATJIES

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

CELESTE van der Walt (78) het verlede week by die bekendstelling van die toekennings vir se­nior burger van die jaar (Scoty-toekennings) in die Nelson Mandelabaai-metro gewys wat in haar steek toe sy gedemonstreer het hoe bejaardes hul bene kan strek.

Dié toekennings gee erkenning aan mense wat hul kennis terugploeg en waarde tot die gemeenskap voeg.

Van der Walt, die eerste wenner van die toekenning, en ander voormalige kategoriewenners was in die GFI-kunsgalery in Sentraal, Port Elizabeth, byeen om voorbrand te maak vir vanjaar se kompetisie.

“Ek het verlede jaar ’n vrou ontmoet wat ses jaar ouer as ek was. Sy het aan my gesê sy het ’n wenk wat ek moet oordra aan senior burgers met wie ek werk.

“Sy het gesê die eerste ding wat ek soggens moet doen, is om my voet op die tafel te sit en dit 20 sekondes daar te hou en dan dieselfde met die ander been te doen.

“Ek moet dit agt keer herhaal,” sê sy terwyl sy wys hoe dit gedoen word en almal haar met groot oë aankyk.

Van der Walt sê laggend sy het eers huis toe gegaan om te sien of sy dit kan bemeester.

“Ek is bly dat die manier hoe mense oor aftrede dink, verander. ’n Kultuur is in die Westerse wêreld geskep dat aftrede daaroor gaan om so min as moontlik te doen en soveel as moontlik net te sit. Die kompetisie help baie om dié manier van dink te verander.”

Juanita Krause, wat die kompetisie begin het, vertel hoe sy ’n paar jaar gelede twee tehuise vir bejaardes besoek het en hoe groot die kontras tussen die twee was.

“By een van die tehuise was dit baie neerdrukkend omdat die inwoners net gesit en niks gedoen het nie.

“Ek het aan hulle gesê om iets te doen om hul verstand besig te hou.

“By die ander tehuis het Afrikaanse musiek gespeel en die mense was gelukkig. Jy stap uit en voel sommer gelukkiger.”

Krause sê ouer mense word gereeld net vergeet, maar dat hulle soveel kennis het.

“As jy hul kennis in vloeibare vorm kan sit, sal dit ’n rivier vorm. Daar is niks wat hul kennis kan vervang nie. Ons kan nie sê ons het hulle nie meer nodig nie.”

Senior burgers kan in drie kategorieë benoem word: 70 tot 79 jaar, 80 tot 89 jaar en ouer as 90 jaar. Buitengewone toekennings gaan gegee word aan mense ouer as 100 jaar.

Van der Walt en ander voormalige kategoriewenners – Margita Marx, Maggie Cunningham en Mogan Segadavan – bygestaan deur Krause, Michelle Brown, Loudeaux Minnie en Eva Prince, gaan die benoemings hanteer.

Benoemings vir die Scoty-toekennings sluit op 31 Augustus en die wenners word op 21 Oktober bekend gemaak.

Bel Minnie by 082 961 6309 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.