Top matrieks deel hul resepte vir sukses en loopbaandrome

2017-01-11 06:02
Hanne Mertens (17). Photo: supplied

Hanne Mertens (17). Photo: supplied

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GOEIE tydsbestuur, ’n balans tussen akademie, sport en ’n sosiale lewe asook “gesonde” kompetisie met mede-leerlinge is ’n paar van die redes wat vanjaar se top-matrieks in Port Elizabeth gee vir hul goeie prestasie in die onlangse matriek-eksamen. En hul goeie punte beteken dat hulle een van die dae hul groot loopbaandrome kan verwesentlik.

Die topmatrikulant in die Oos-Kaap Hanne Mertens (17) van die Hoërskool Pearson se droom was om onderskeidings in al haar vakke te bereik. Sy het die oortref deur as die topmatrikulant in die provinsie aangewys te word.

Dié slimkop spog met A-simbole vir Engels, Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en rekeningkunde.

Hoewel die “eindelose assesserings” vir haar ’n nagmerrie deur haar matriekjaar was, is sy dankbaar dié reis is ook nou verby, maar meer so oor haar sukses.

“Ek gaan BCom (rekeningkunde) aan die Universiteit van Stellenbosch studeer,” sê sy.

“Ek beoog om oor tien jaar ’n gekwalifiseerde rekenmeester te wees, hopelik oorsee.”

Met haar onderskeiding in musiek is Josie McClure (18) van die Collegiate Girls’ High School slaggereed om nou musikant te word.

En hoewel dié onderskeiding haar die breedste laat glimlag, is sy ook dankbaar vir die A-simbole in Engels, Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.

Dié oopkop sê die absolute hoogtepunt van haar matriekjaar was juis om deel te wees van hul skool se jazzorkes omdat musiek haar passie is.

“Ek was (verlede) jaar net onseker oor my toekomsplanne as gevolg van die proteste by universiteite,” sê sy. “Ek het op die ou end wel besluit op ’n graad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch.”

Arielle Claire Douglas-Henry (18) van die Collegiate Girls’ High School sê sy kan net die Here dank vir die sewe onderskeidings wat sy gekry het.

Sy het A-simbole vir Engels, Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe gekry.

“Saam met geloof in die Here kom natuurlik ook harde werk,” sê sy.

“Ek glo dat ’n mens altyd jou bes moet gee in alles wat jy aanpak. ’n Mens het net een kans en dus moet jy seker maak dat dit die moeite werd is.”

Sy het ook raad vir vanjaar se matrieks vir wie die eindeksamen al reeds voel soos ’n moeilike berg wat voorlê: “Maak seker jy doen jou huiswerk en bly georganiseerd.

“Bestuur jou tyd goed en stel haalbare doelwitte. Jy beheer jou eie toekoms.”

Kristin Giddy (18) van die Hoërskool Pearson glo dat

’n goeie balans tussen die akademie en haar pligte as hoofmeisie vir haar die deurslag gegee het.

Dié slimkop spog met sewe onderskeidings. Haar vakke is Engels, Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en rekeningkunde.

“Om boonop die hoofmeisie te wees was ’n groot uitdaging vir my,” sê sy.

“Die eindeksamen was nogal dreinerend, en ek was op die ou end net bly dit was verby. Ek studeer vanjaar BCom Rek aan die Nelson Mandela-Universiteit.”

Vir Bouwer Botha (18) van die Hoërskool Pearson was dit beslis die “gesonde kompetisie” tussen hom en die skool se ander slimkoppe wat hom na sukses gedryf het. Dié rekenaarghoeroe, wat rekenaarprogrammering aan die Nelson Mandela-Universiteit gaan studeer, het ook sewe onderskeidings in die eindeksamen behaal. Dié A’s is in inligtingstegnologie, Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, lewensoriëntering en fisiese wetenskap.

“Die eindeksamen was vir my verskriklik opwindend,” sê hy. “Om die een of ander rede het ek opgewonde geraak om sekere vraestelle wat uitdagend kan wees, te skryf. Soos programmering en wiskunde.

“My ouers en vriende het my die nodige ondersteuning gegee, maar dit was my medestudente wat my uitgedaag het om beter punte te verwerf.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.