Trots op sy ‘30 skoon jare’ in die polisie

2017-09-06 06:00
< Kapt. Johan Rheeder van die Gelvandale-polisiekantoor ontvang Woensdag ’n medalje vir 30 jaar se getroue diens van lt.genl. Bonang Mgwenya.Foto: Lulama Zenzile

< Kapt. Johan Rheeder van die Gelvandale-polisiekantoor ontvang Woensdag ’n medalje vir 30 jaar se getroue diens van lt.genl. Bonang Mgwenya.Foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE hy in gr. 6 vir ’n skoolprojek ’n onderhoud met ’n polisiebeampte moes voer, het hy nooit kon dink dat hy eendag in daardie man se voetspore sou volg nie.

Kapt. Johan Rheeder, wat onlangs op ’n medaljeparade in die Gelvandale-stadion in Port Elizabeth ’n medalje vir sy 30 jaar lange diens in die polisie ontvang het, is ná al die jare steeds passievol oor sy werk.

Dit is duidelik te bespeur in sy breë glimlag en die manier waarop hy saggies streel oor die pamflet waarop die program gedruk is terwyl hy nostalgies raak.

“Ek het nooit kon dink dat dit eendag my roeping sal wees nie. Ek wou graag gaan studeer, maar dinge het nie uitgewerk nie. Ek is opgeroep vir die weermag en daar het ek besluit om eerder ’n instrukteur te word.

“Ek het net my drie maande basiese opleiding in die weermag voltooi toe ek deur die polisie genader is,” vertel hy.

Rheeder, oorspronklik van Kirkwood, is welbekend in Port Elizabeth, nie net omdat hy die afgelope 14 jaar in die Gelvandale-polisiekantoor gestasioneer is nie, maar ook al 15 jaar lank ’n mediawoordvoerder is.

Sy loopbaan het in die 80’s in Kareedouw begin waar hy ses jaar lank gewerk het, sê dié pa van vyf kinders en oupa van ses kleinkinders. Daarna was hy 18 jaar lank in Humansdorp gestasioneer voordat hy na Jeffreysbaai en uiteindelik Port Elizabeth verplaas is.

Hoewel Rheeder nog altyd dol oor sy werk was, was dit nie altyd maanskyn en rose nie en moes hy soms tonele besoek wat hom weens die wrede aard daarvan lank bygebly het.

Hy vertel van ’n geval waarin ’n pa sy hele gesin uitgewis het en dat dit vir hom verskriklik was.

“Waar kinders betrokke is, is dit altyd vir my die ergste. Selfs in Gelvandale, waar ek weekliks tonele moet bywoon waar kinders betrokke is . . . onskuldige kinders, sommige nog met lekkertjies in hul hande.

“Hulle is vasgevang in die bendegeweld waarmee ons in Gelvandale te doen het.”

Gevra wat sy geheim is om al die spanning te verwerk wat met dié gevaarlike beroep gepaard gaan, antwoord Rheeder: “Ek kan in alle eerlikheid sê om die Here in my hart te hê.

“Ek sê altyd ek woon al die ernstige tonele by en dan pak ek dit in ’n rugsakkie. Wanneer ek huis toe gaan, haal ek my rugsakkie af en dan dra die Here dit vir my . . . andersins sal ek dit nooit kan dra nie. Dis my oplossing; dis my geheim.”

Volgens Rheeder is die belofte wat hy aan die Here gemaak het toe hy hom by die polisie aangesluit het – om ’n polisieman vir die Here en ander mense te wees – nie altyd maklik nie.

“Tye het verander. Daar is oral korrupsie, maar die Here help my op die regte pad. Te danke aan my ondersteunende gesin bly ek op daai pad.”

Rheeder sê een ding wat hom verskriklik trots maak om dié toekenning te ontvang, is dat hy 30 jaar lank ’n skoon rekord het.

“Dit is maar net die Here se genade dat ek nie voor versoekings geswig het nie, iets wat baie belangrik vir ’n polisieman is.

“Polisiemanne val so maklik, maar as jou oë op die Here gevestig is en jy het ’n ondersteuningstelsel; dan bly jy op die regte pad.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.