Trust help jong mense uit Afrika met vaardighede

2017-09-13 06:01
Gift Elliott en Danny Chola (agter) en Memory Chimuka (voor) is almal van Zambië en gaan uit die trust voordeel trek. Foto: VERSKAF

Gift Elliott en Danny Chola (agter) en Memory Chimuka (voor) is almal van Zambië en gaan uit die trust voordeel trek. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n STUDENT aan die Nelson Mandela-Universiteit wat daagliks drie liter water gedrink het om die hongerpyne te stil, is een van vele stories wat Ilse Terblanche van Lorraine in Port Elizabeth aangespoor het om minder bevoorregte studente te help om hul studies te voltooi.

Dié student – wat anoniem wil bly – kon ondanks ses onderskeidings verlede jaar nie ’n studielening van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) kry nie.

“Die visie het ontstaan nadat ek en my man, Otto, bewus geraak het van die geweldige nood onder mense van Afrika-lande wat in die middestad van Port Elizabeth woon.

“Ons het begin om van die gesinne te besoek en bewus geraak van die armoede waaronder só baie van hulle gebuk gaan,” vertel Terblanche.

Terblanche het ’n trust, Kusaidiana, gestig as ’n openbare bystandorganisasie waardeur sakeondernemings en individue bydraes vir behoeftige jong mense van Afrika kan maak. Kusaidiana is ’n Swahili-uitdrukking wat beteken “om mekaar te ondersteun”.

Sy voeg by dat die jong mense in die middestad van Port Elizabeth graag vaardighede wil bekom sodat hulle in die behoeftes van hul gesinne kan voorsien en verder ook tot die ekonomie van die Oos-Kaap kan bydra.

Die doel van die trust is om studente van Afrika en Suid-Afrika te bevoordeel deur die daarstelling van geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling en/of verdere opvoedkundige kwalifikasies ná matriek, met die klem op ambagsvaardighede en opleiding in dissiplines wat in aanvraag is.

Die ander oogmerke is om beroepsvoorligting en mentorskap te voorsien en om sakeondernemings en individue te nader om skenkings te kry om studente te borg, aldus Terblanche.

“Die trustees se huidige projekte sluit dus die jong mense van die middestad in die sentrale deel van Port Elizabeth in. Hierdie jong mense kom van lande soos Zimbabwe en Zambië, en soos reeds genoem, kry hulle geweldig swaar omdat hulle nie altyd toegang het tot dieselfde geleenthede as ander Suid-Afrikaners nie.

“Die leerlinge van die Hoërskool Solomon Mahlangu in KwaNobuhle in Uitenhage is ook een van ons huidige projekte. Enigeen wat in die Nelson Mandelabaai-metro woon, kan egter aansoek doen.”

Die trustees is Terblanche, prof. Jean Greyling, Erna Wasowicz en Mncedi Mtengwana.

“As eerstejaar-lektor in rekenaarwetenskappe by die Nelson Mandela-Universiteit word ek al hoe meer bewus van die finansiële uitdagings wat studente ervaar.

“Dit breek my hart elke keer wanneer ek hoor van ’n eerstejaar wat tot drie jaar ná matriek by die huis moes sit weens ’n gebrek aan geld. Die aanleer van vaardighede vir soveel as moontlik jong mense is deurslaggewend vir die toekoms van die land. Daarom is dit vir my ’n voorreg om deel van hierdie trust te wees,” sê Greyling.

Die trustees kan gebel word by 083 554 4183 (Greyling), 082 962 3309 (Terblanche) en 082 690 0645 (Mtengwana). Hulle kan ook bereik word op die trust se webtuiste (www.kusaidianatrust.com), die Facebook-blad (Kusaidiana Trust) en per e-pos by (kusaidianatrust@gmail.com).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.