‘Tyd saam met my ma is die heel beste’

2015-11-18 06:00
Jesse February (18), die Baai se skaakwonder, pronk met haar jongste trofee wat sy onlangs as die Oos-Kaap se nuwe skaakkampioen verower het. Jesse is die provinsie se heel eerste vroulike kampioen in 35 jaar en boonop die jongste ooit. Foto: Theo Je

Jesse February (18), die Baai se skaakwonder, pronk met haar jongste trofee wat sy onlangs as die Oos-Kaap se nuwe skaakkampioen verower het. Jesse is die provinsie se heel eerste vroulike kampioen in 35 jaar en boonop die jongste ooit. Foto: Theo Je

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN hul woonstelgebou in Parsonshill loop Jesse February kaalvoet gang-af om haar gunstelingboek te gaan haal – The Death Head’s Chess Club deur John Donoghue.

“Dis oor skaak, en dit lees so lekker,” sê dié 18-jarige Baaise skaakwonder, wat titel ná titel inryg.

Jesse is vanjaar onder meer as die vierde beste universiteite-skaakspeler ter wêreld, die SA- geslote junior kampioen en ’n WFM (vroue-fidemeester) in skaak aangewys. Skotland, Hongarye en Nieu-Delhi is maar net enkele van die oorsese plekke waar sy haar merk op die skaakbord gelaat het.

Volgende op haar lys is die gesogte WIM (vroue-internasionale-meester) en die WGM-(vroue-grootmeester)-titels wat sy hoop om binnekort in te ryg.

Die nuutste veertjie in haar skaakhoed het sy verlede naweek op tuisgrond ver-ower. “Die OP- geslote skaaktoernooi is verlede naweek by die Boardwalk ­gehou en dit was táái. Die ouens teen wie ek moes speel, is wêreldklas­spelers.

“Wat het ek anders gedoen as ander jare in dié kompetisie? Ek het wegbeweeg van my gewone romantiese skaakspel en die (skaak)mat onder hulle uitgeruk!”

Dié “romantiese” spel waarvoor Jesse in skaakkringe bekend is, word ook die Franse skaakspel genoem. Dié spel is die tradisionele manier waarop spelers stadig na mekaar “op die skaakbord vry” voordat hulle die doodspyker inslaan.

“Ek het dit met die Skandinawiese spel vervang. Als was vinnig verby en ek dink nie my opponente het dit verwag nie,” sê sy.

Met die internet wat deesdae almal se pel is, kan skaakspelers mekaar se spel bestudeer sodat ’n mens weet wat om tydens ’n wedstryd te verwag. Só het Jesse ook haar opponent in die eindstryd se skaakspel tot ná middernag bestudeer voordat sy stelling teenoor hom ingeneem het.

“Ek neem skaak baie ernstig op. My afrigter het my geleer dat ’n mens elke wedstryd speel om te wen. Skaak is ’n breinsport en jou brein moet reg ingestel wees.”

As sy nie skaak speel of vir haar BCom-Rekeningkunde-eksamens by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit voorberei nie, “vergaan” sy voor die televisie.

“Maar een van my héél gunsteling-goed om te doen is om saam met my ma, Jenny, in die park naby ons te gaan stap. Die uitsig oor die Baai van daar is hemels. Ek hou ook van bak en fliek, maar tyd saam met my ma bly die beste.”

As enkelma is dit Jenny wat tot dusver geld moes opdok om vir Jesse by elke skaaktoernooi te kry.

“Ek het ’n voltydse werk, maar ek gaan werk ook soms in die pakkamer in winkels of doen skoonmaakwerk – enigiets om my Jesse die beste te gee. Sy is elke tikkie harde werk (en laatnag-koeke-bak) deur en deur werd,” het sy gesê.

Sedert Jesse se uitnodiging om haar eerste oorsese skaaktoernooi by te woon, het haar ma koeke op koeke gebak om geld vir haar dogter in te samel. En met die hulp van PE Express se susterskoerant, Die Burger, se lesers se oop harte, kon sy tot dusver haar skaakvlag hoog laat wapper.

’n Leser het verlede jaar met ’n koevertjie met ’n donasie vir Jesse by Die Burger se kantore ingestap. Ander het ma Jenny persoonlik gekontak en hulp aangebied.

“Sonder Die Burger-lesers se hulp sou my Jesse nooit so ver gekom het nie,” het Jenny gesê. “Dankie vir alle ondersteuning uit alle oorde – dit gaan nie ongesiens verby nie. . ’n Foto van Jesse verskyn op die voorblad van dié week se uitgawe van PE Express)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.