Uit teenspoed kom ’n blink plan vir kwadrupleeg

2016-01-20 06:00
Pieter Maziena geniet die sonskyn en branders in Port Elizabeth saam met sy boesemvriend Kosie Michaels. Maziena, ’n voormalige rampbestuurspesialis, is in ’n motorongeluk verlam. Hy het nou ’n onderneming begin om spesiale rolstoele aan gestremde vakansiegangers te verhuur.                                                    Foto: Werner Hills

Pieter Maziena geniet die sonskyn en branders in Port Elizabeth saam met sy boesemvriend Kosie Michaels. Maziena, ’n voormalige rampbestuurspesialis, is in ’n motorongeluk verlam. Hy het nou ’n onderneming begin om spesiale rolstoele aan gestremde vakansiegangers te verhuur. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy was eers ’n lewenslustige nooddiensbeampte en ’n spesialis in rampbestuur, maar vandag leef Pieter Maziena (57) van Gauteng as ’n kwadrupleeg.

Maziena, ’n boorling van Kleinskool in Port Elizabeth, het in 1986 na Gauteng verhuis en tot 1989 as ’n motorwerktuigkundige gewerk. Hy het hom in 1990 bekwaam as ’n nooddiensbeampte in die Wesrand-distriksmunisipaliteit en hom in 2001 as ’n spesialis in rampbestuur toegerus.

Rampbestuur, en toe ’n ramp

Op die myndorp Carletonville was baie skuddings as gevolg van die mynaktiwiteite, vertel Maziena. “In daardie tyd was daar net ’n sekere getal mense – ek ingesluit – wat opgelei was op internasionale vlak wat rampbestuur betref, om selfs oorsee hulp te kan verleen.”

Dié blink toekoms het egter skielik verander toe hy in 2001 in ’n motorongeluk betrokke was. Hy was in daardie jaar in Oktober onderweg met ’n werkmotor toe hy deur ’n ander motoris van die pad gedwing is. Dié voorval het ’n vlak 5- en vlak 6-nekwerwelbesering veroorsaak wat hom nou al 14 jaar aan ’n rolstoel vaskluister.

Die lewe ná die ramp

“Vir die eerste sewe jaar daarna moes ek myself aanpas as ’n kwadrupleeg,” vertel Maziena.

“Daarna het ek besluit om huise te koop, dit te verbeter en weer te verkoop. Van 2008 tot 2012 het ek twee huise beskikbaar gestel vir studente wat by die kollege in die dorp geleë was. Dié studente het dan in rigtings soos myn­ingenieurswese ge-swot, waarna hulle by Anglo Gold Ashan­ti-myne gaan werk het.”

In Desember 2012 het hy besluit om dié verblyf­reëling te beëindig en slegs een van die huise te behou wat hy aan Chinese mense verhuur vir verblyf. Die ander huis het hy verkoop.

Toegang vir gestremdes

Die voorliefde wat hy weens sy vorige beroep vir die natuur ontwikkel het, wat diepseeduik en marathons insluit, het hom in 2013 aangespoor op verskeie dorpe en veral strande te besoek.

“Daar het ek altyd gewonder oor die toegang tot die see. As ’n kwadrupleeg was dit egter ’n uitdaging. Ek het toe begin met navorsing oor maniere vir mense soos ek om ook op die strande te kan beweeg.”

Maziena het toe ingenieurs van die myne asook die Noordwes-Universiteit, Goodyear en Firestone genader om wiele te ontwerp wat op die strand kan beweeg. Volgens hom was hulle dit eens dat hulle dit nie kon doen nie bloot omdat daar nie ’n mark daarvoor is nie.

“Ek het egter nie tou opgegooi nie en verder as die Suid-Afrikaanse horison gekyk. Deur Google beland ek toe by Karin Deming Industrial in Amerika. Hulle vervaardig ’n ‘floating wheelchair’. In die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit is slegs twee van dié rystoele. Die Nelson Mandelabaai-metro het ongeveer 16,” verduidelik hy.

Uit teenspoed kom ’n nuwe
onderneming

Toe besluit hy om Coastal Beach Wheelchair Hire te stig. Sy produk bestaan uit ’n metaalraam, ’n sitplek met ’n veiligheids­gordel en PVC-wiele van verskillende grootte wat ’n maksimum van 450 kg kan dra. Die stoel wat dié groot gewig kan dra, word slegs in China vervaardig.

Elke stoel het ook ’n sambreel om skaduwee te bied op ’n stranduitstappie, terwyl ’n piekniekmandjie of ’n koelkas op ’n rak agter die stoel vervoer kan word.

“Die rak is eintlik ’n strandtrollie wat bedoel en ontwerp is vir entrepreneurs om hul produkte te verkoop. Die wetgewing hiervoor moet egter nog finaal goedgekeur word. In dié stadium kan jy dit slegs gebruik vir jou koelkas.”

Maziena se onderneming is uiteindelik op 3 Desember verlede jaar in Jeffreysbaai se hoofstrand bekend gestel.

“Ná soveel jare se wroeging oor die toekoms het ek besluit om dié familie-onderneming in die Oos-Kaap bekend te stel – veral aangesien ek as ’t ware ’n produk van die Oos-Kaap is. My vrou en ons vier kinders is almal aandeelhouers in my droom, waarvan ek die uitvoerende hoof is.”

Dié onderneming is bekend as ’n eerste in Suid-Afrika vir entrepreneurs in samewerking met maatskaplike ontwikkeling, en Jeffreysbaai was die enigste strand in Suid-Afrika wat heeltemal rolstoelvriendelik is.

Maziena sê dat die hoofdoel is om rolstoeltoeganklikheid te integreer in alle munisipaliteite, volgens die nasionale plan van 2030.

Vir nader besonderhede oor sy produkte kan Maziena by 083 331 7369 gebel word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.