Van Olimpiese spele tot Baaise hospitale

2016-03-09 06:00
Dr. Cameron McIntosh, Netcare Greenacres-hospitaal se nuwe oor-neus-en-keel-spesialis, open môre sy praktyk.  Foto: WERNER HILLS

Dr. Cameron McIntosh, Netcare Greenacres-hospitaal se nuwe oor-neus-en-keel-spesialis, open môre sy praktyk. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JARE gelede het hy sy oog op ’n Olimpiese medalje gehad, maar dr. Cameron McIntosh se nuwe doelwit is om die toekoms van mediese behandeling na die Baai te bring.

“Dit is 2016, en ’n spesialis moet die standaard vir mediese sorg bepaal,” het ’n opgewonde McIntosh, nou ’n oor-neus-en-keel-spesialis, vertel by die Netcare Greenacres-hospitaal, waar sy “papierlose praktyk” Bay-E.N.T. amptelik geopen het.

In dié praktyk, verduidelik McIntosh, sal alles digitaal en doeltreffend werk.

“Pasiënte kan aanlyn vorms invul en stuur voor hul afspraak, of hulle kan dit hier op ’n iPad invul,” het hy gesê. “Wanneer ek die pasiënt sien, kan hy op skerms sien hoe ek werk, en al my opmerkings word opgeneem deur stemverwante sagteware en na die rekenaar gestuur. Voorskrifte word ook direk na die apteek gestuur.”

Dié stelsel gaan omtrent besig wees, omdat sy dagboek vir die volgende twee weke reeds propvol is.

“Ek is bietjie angstig, maar meer opgewonde – en ek is gereed om te begin werk. Dit is beslis die Here se hand dat ek so vinnig besig kan wees.”

McIntosh, wat Suid-Afrika in 2008 by die Olimpiese spele in slalom-kanovaart verteenwoordig het, wil benewens sy praktykwerk voortgaan met navorsing oor rinoplastiek.

“Vir dié navorsing kombineer ek my sterkpunte, in sport en rinoplastiek, om uit te vind hoe verbeterde neusstruktuur ook ’n hulp in sportprestasie kan wees,” het hy verduidelik.

“Ek beoog ook om die navorsing voort te sit by NMMU se hoëprestasie-sportkompleks. Ek het ’n gespesialiseerde masjien uit Duitsland gekoop wat atlete se nasale funksie toets.

“Volgens dié inligting sal ek probleme kan identifiseer en behandel – en dan toets of dit ook sportprestasie verhoog.”

Met dié navorsing wil hy ook eendag kan spesialiseer in rinoplastiek.

“Ek wou dit egter na die Baai bring, want ek het voorheen hier gewerk en het ’n gesin. In Johannesburg kan ek dalk drie keer meer geld maak as spesialis, maar dan is ek in Johannesburg en neem ons net een vakansie per jaar. Hier is ons elke dag by die see.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.