Van onnie tot heeltydse politikus

2017-04-12 06:02
; Leerlinge aan die Bertram Sekondêre Skool vorm ’n erewag vir Lodewyk Gallant wat ná 33 jaar as onderwyser uitgetree het.Foto: Verskaf

; Leerlinge aan die Bertram Sekondêre Skool vorm ’n erewag vir Lodewyk Gallant wat ná 33 jaar as onderwyser uitgetree het.Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LODEWYK Gallant (55), wat 33 jaar ’n onderwyser in Port Elizabeth was, het die onderwys verlaat om hom op sy politieke loopbaan toe te spits.

Nadat Gallant sy studie aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi het, het hy sy loopbaan in 1984 aan die Bethelsdorp Sekondêre Skool begin en hom in 1990 by die Bertram Sekondêre Skool aangesluit.

Dié voormalige adjunkhoof sê hy het ’n aangebore behoefte om mense te ontwikkel.

“Ek het ook ’n groot liefde vir kinders en ons gemeenskap. Om te sien hoe kinders wat ek onderrig het suksesvol in die lewe is, is een van my hoogtepunte as onderwyser.

“Dit het alles die moeite werd gemaak wanneer kinders terugkom om dankie te sê vir die bydrae wat ek tot hul lewe gemaak het,” sê die voormalige Afrikaansonderwyser.

Hy meen die laagtepunte is wanneer leerlinge uitval.

“Daar is ook die onderwysdepartement se gebrek aan ondersteuning. Onderwysers is basies aan hul eie genade oorgelaat. Dis tragies.”

Gallant, ’n raadslid in die Nelson Mandelabaai-metroraad, sê hy het uit die onderwys getree omdat hy meer aandag aan sy politieke rol en verantwoordelikhede wil gee.

“Ek was maar al die jare polities betrokke, selfs as onderwyser deur my betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) en later in die ANC. Die agteruitgang in ons land laat my met geen keuse nie.

“Natuurlik sien ek die onderwys as die een manier om mense se lewensomstandighede te verbeter, maar die politiek gee my die geleentheid om mense se lewensomstandighede meer direk te probeer verander deur goeie dienslewering te bewerkstellig en beleid te beïnvloed,” voeg hy by.

Gallant, wat hom as onderleier van die DA in die provinsie beskikbaar gestel het, wil die party help om die regerende party in die Oos-Kaap te word.

“Om dit egter reg te kry is daar sekere drastiese veranderinge wat in die party se leierskorps moet geskied.

“Die huidige leiers sal moet plek maak vir ’n nuwe generasie van leiers met ’n nuwe uitkyk op die politiek in ons land. Ons jong mense sal hul verantwoordelikhede moet opneem,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.