Verlamde Cecil (5) ‘ry’ nou die wêreld vol

2017-05-03 06:02
Cecil Carelse van Helenvale op sy skaatsplank.Foto:WERNER HILLS

Cecil Carelse van Helenvale op sy skaatsplank.Foto:WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE vyfjarige Cecil Carelse van Helenvale het ’n skaatsplank gebruik om met sy verlamde onderlyf te kom na waar hy wou wees, maar op Vryheidsdag het hy met ’n rolstoel nuwe vryheid gekry.

Die maatskappy, Splitting Image Taxidermy, in samewerking met die Rolstoelstigting, het Donderdag onder groot belangstelling van die bure in Ibexstraat ’n nuwe rolstoel vir alle terreine aan Cecil oorhandig.

Terwyl Douglas Cockcroft van Splitting Image die “wiele” vir Cecil aanmekaar gesit het, het hy dit met groot belangstelling dopgehou waar hy op ’n skaatsplank gelê het.

En toe dit vir hom tyd was om in sy rooi “vuurwa” te klim en Cockcroft hom wou help, het hy met die aanmoediging van die omstanders homself gehelp en opgeklim.

Cockcroft sê die maatskappy het al meer as een miljoen rolstoele aan hulpbehoewendes oorhandig.

“Hierdie keer is dit anders, want ons kan sien dat hy veggees het, omdat hy self, sonder hulp, op die rolstoel gekom het.”

Valendecia Carelse, Cecil se ma, is oorstelp van vreugde omdat haar seun nie meer op die grond rond hoef te seil om by sy maatjies te speel nie.

“Sy ruggraat het nie ten volle gegroei nie en sy hele onderlyf is verlam en gevoelloos.

“Cecil het nog nooit hulp van enigiemand gevra nie. Vandat hy kan, sleep hy homself orals waar hy wil gaan,” sê Valendecia.

Sy sê hulle wou al lankal vir Cecil ’n rolstoel kry, maar het weer laas maand gehoor ’n spesiale rolstoel soos dié wat Cecil benodig, sal ongeveer R5 000 kos.

“Maar Cecil gaan darem aan op sy eie. Wanneer sy maats oor die straat na die speelpark stap, mag ek hom nie daarheen dra nie, hy wil op sy eie daar kom.”

Patsy Wagner van die Animal Anti-Cruelty League (AACL) het verlede week haar mobiele kliniek vir haar maandelikse dienste aan troeteldiere na Helenvale gevat.

Dié woonbuurt, waar geweld seëvier en die bendebase die strate beheer, is een van Port Elizabeth se armste buurte.

Hier het Wagner ’n seun in die straat sien sit.

“Die seun het sy bolyf gebruik om homself in die straat af te sleep om met die honde by die kliniek te speel,” sê Wagner.

Sy sê Cecil het ure lank tussen die honde gespeel en homself nader gesleep wanneer nuwe honde in die omtrek was.

Wagner en Linda-Louise Swain, ook van die AACL, sê dit is ’n groot dag van vreugde dat ’n verskil in ’n kind se lewe op Vryheidsdag gemaak kon word.

En Cecil? Hy praat nie veel nie. Hy het rustig in sy rooi vuurwa gesit terwyl sy ouma, Rina Potgieter, hom straataf gestoot het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.