‘Voeg waarde tot mense se lewe toe’

2016-04-20 06:00
Neil Campher se boek, Disruptors, is onlangs vrygestel.  Foto: THEO JEPTHA

Neil Campher se boek, Disruptors, is onlangs vrygestel. Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sy storie oor die Helenvale-herwinningsprojek (HERI), wat in 2012 begin het en dié “skollieparadys” van ’n stortplek na speelplek vir kinders omskep het, is onlangs in ’n boek, The Disruptors, vertel.

Dié boek vertel hoe Campher onder die vaandel van die noordelike gebiede mense-ontwikkelingsinisiatief (Napdi) en met befondsing van die premierskantoor, ’n herwinningsveldtog in die noordelike gebiede – wat soos ’n veldbrand versprei het – begin het.

Selfs die Karoo het by Helenvale kom kers opsteek. “Die projek het begin toe die munisipaliteit vir ’n ruk lank nie vullis in die noordelike gebiede verwyder het nie,” onthou hy.

“Mense is geneig om bakhand te staan en dienste te verwag. Ons het dié projek, met behulp van die The Waste Trade Company (TWTC), begin sodat mense eie verantwoordelikheid vir netheid in hul omgewing moes neem, maar terselfdertyd die kuns van herwinning kon aanleer en verfyn.”

Stortingsterreine het speelparke geword. Herwinnings-koöperatiewe het ontstaan. Elke woonbuurt het vandag ten minste drie herwinningserwe. Hier het inwoners geleer om uit herwinbare produkte hul daaglikse brood en botter te verdien.

“Die befondsing uit die premierskantoor het veral gegaan om die koöperatief, Hemco, op die been te bring. Hiermee is gemeenskapslede ook met ander vaardighede toegerus soos om finansieel te beplan, verslae te kan skryf en selfs om ’n CV op te stel of hoe om hulself tydens ’n onderhoud te handhaaf. Ek glo dat gemeenskapsprojekte mense se lewens moet verander deurdat dit hulle toerus met vaardighede om sélf hul lewens verder te kan verryk,” vertel hy.

Campher is die voormalige uitvoerende direkteur van Ukuvula Investment Holdings. Hy het egter die korporatiewe wêreld prysgegee om voltyds spore van verskilmaak in gemeenskappe te trap.

Hy is tans mede-eienaar van CS Innovation, ’n maatskappy wat maatskaplike konsultasiedienste aan gemeenskapsprojekte lewer.

Hy dien ook onder meer op die Spuu- (Veiligheid en vrede deur stedelike opgradering) projek in Helenvale wat inwoners toerus om self ’n verskil in hul woonbuurt te maak. Dié projek spits homself daarop toe om Helenvale se grootste euwel, geweld, uit te roei deur aan inwoners ’n eie stem te gee.

Hoewel hy ook in ander gemeenskappe in die noordelike gebiede en landelike nedersettings saam met Napdi en sy vennoot in CS Innovations, Henry Sebata, diep spore trap, bly Helenvale maar sy “tuiste”.

“Ek het self in die ‘berugte’ Schauderville grootgeraak, so die noordelike gebiede sal altyd my tuiste wees,” sê hy terwyl hy diep nadink. “Maar daar is iets omtrent die mense van Helenvale wat my hart hier hou. Die wil om elke dag aan te gaan en wéér te probeer, ten spyte van hul armoede, trauma en uitdagings. Waar anders kry mens mense wat nog omgee vir mekaar in die ware sin van ubuntu as hier? Hier waar bendegeweld, misdaad, lewensgevaar en vrees daagliks dreig, maar niemand gee op nie. Hulle gaan aan. Veg. Probeer weer en weer.”

Helenvale se herwinningstorie het die eerste keer die aandag van Kerry Krige van die Gordon Institute of Business Science (Gibs) in Johannesburg gegryp tydens ’n konferensie in Johannesburg in 2014.

Hier het Campher ’n praatjie gelewer oor ’n wêreld waar vullis en teerpaaie een is tussen mans met tatoes, maar hoe die HERI-projek Helenvale se 75 stortingsterreine en 49 “vullis-strate” in ’n paradys omskep het en selfs dié “mans met tatoes” vandag nog skouer agter die wiel sit.

Dié storie was perfek vir Krige en Gus Silber, ’n verslaggewer, se boek oor maatskaplike entrepreneurs wat deur hul vaardighede die samelewing help verbeter.

Campher en Helenvale se storie is een van vele wat in die Disruptors opgeneem is en sal binnekort deel word van Gibs se sillabus in een van hul kursusse.

“Ek vind die boek effens egosentries en dit irriteer my nogal. Die projekte wat ek aanpak, is gewoonlik ’n netwerk van mense met verskeie vaardighede.

“My gedeelte aan die boek – wat vertel hoe verskeie entrepreneurs kwessies soos onderrig en landou bou innoverend aanpak – is opgedra aan elke rolspeler hier en veral die ‘kanniedood’ inwoners van Helenvale.

“Dis egter ’n goeie lees vir mense wat wil weet hoe ander ’n verskil maak deur dit te doen waarvoor hulle lief is.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.