KOMPETISIE: Wen kaartjies na ‘My briljante egskeiding’

2016-05-25 06:00
: Anthea Thompson en Julius. Foto: verskaf

: Anthea Thompson en Julius. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT wás bietjie vreemd die dag toe Manie terugkeer van sy besigheidstrippie en hy begin sy tas in- en nie uitpak nie en voordat Engela van Tonder-Strydom weet wat haar tref, toe hardloop hy tas en al af met die trappe, uit by die voordeur en uit Engela se lewe.

Dis eers later wat sy hoor van Rosa, die jong kaktusbloeiseltjie wat Manie in Mexico ontmoet het. Op sy besigheidstrippie.

En aangesien hul dogter wil intrek by haar punk-rocker kêrel, los dit Engela alleen in die groot huis, saam met Julius die Sagmoedige, wat die eindproduk is van ’n kortstondige affair tussen ’n Duitse Herdershondteef en ’n ambisieuse Ierse terrier.

En dinge verander.

Geraldine Aron se My brilliant divorce is sedert 2001 al met groot sukses regoor die wêreld opgevoer, onder andere deur Britse komedie legende Dawn French. En nou is dit die eerste keer in Suid-Afrika, en in Afrikaans.

Die regte mens om vir Engela vlees te maak, is ongetwyfeld Anthea Thompson. In My briljante egskeiding wissel Engela se reaksies van skreeusnaakse uitbarstings tot by roerende oomblikke, en Anthea speel hierdie emosies soos note in ’n simfonie.

Hennie van Greunen (regisseur) en Anthea reis saam met Engela oor ’n bergagtige landskap wat menige vrou (en man) al moes oorkruis en so ontdek Engela dat telefoniese hulplyne soms uitgekontrakteer word na Indië, dat as die plakkertjies op jou man se geskenkies uit Parys lees Made in China, was hy heel moontlik nie vir twee weke in Frankryk nie, dat die romantiese wêreld van afsprake nog net so deurmekaar is as toe sy ’n tiener was en dat selfies op ’n eilandvakansie baie meer tragies is as om met ’n bak dubbel karamel roomys by die huis te sit en huil.

Maar Engela is nog lank nie reg om op te gee nie, sy’s immers nou eers 39. Plus BTW. En invoerbelasting.

My Briljante Egskeiding is kom maak ’n draai in Port Elizabeth by die Goldfields-ouditorium op 10 en 11 Junie.

Kaartjies kos R120 per persoon en is beskikbaar by Hellen Scriven by die Westway-kafee. Skakel 041 365 0217 vir besprekings en navrae.

Vertonings: Vrydag, 10 Junie om 8nm en Saterdag, 11 Junie om 2nm en 8nm.

WEN! WEN! WEN!

Twee lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die vertoning op die Saterdagaand wen. Stuur net ’n e-pos met jou kontakbesonderhede na express.web@media24.com en skryf “Egskeiding” in die onderwerpveld.

Wenners sal telefonies gekontak word.
– VERSLAGGEWER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.