Woef! vir dié blink herwinningsplan

2016-09-07 06:00
Marge Rowe (voor) van die Cassia Gardens-aftreeoord breek die polistireenbakkies in klein stukkies. Agter haar staan Hannie de Wit, wat die sakke aanmekaar weef, dan Hilary Truscott, wie se idee die herwinbare hondebeddens is, en Olga Truscott.           Foto: WERNER HILLS

Marge Rowe (voor) van die Cassia Gardens-aftreeoord breek die polistireenbakkies in klein stukkies. Agter haar staan Hannie de Wit, wat die sakke aanmekaar weef, dan Hilary Truscott, wie se idee die herwinbare hondebeddens is, en Olga Truscott. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HERWINNING van polistireen sal nou meer as net ’n groener Moeder Aarde verseker, want dit alles in ’n streepsak geprop kan ook ’n warm matras vir ’n hond beteken.

Hilary Truscott van Port Elizabeth, baasbrein agter dié blink idee, sê die polistireenbakkies waarin groente en vleis verpak word, is die ware Jakob.

“Natuurlik moet die bakkies, veral dié waarin vleis was, baie skoon gewas word, anders sal die honde snuf in die neus kry en die bed soos ’n stuk biefstuk verslind,” sê Truscott.

Om die polistireenbakkies in die perfekte groottes te kry het sy die inwoners van die Cassia Gardens-aftreeoord, wat ook hul eie herwinningsprogram volg, genader om die werk te doen.

“Een keer ’n maand skenk ek koek en tee aan die inwoners. Dan so tussendeur die gekoek en skindery deur skeur hulle die polistireen.”

Hierna word die polistireen in die streepsakke gepak en netjies toegewerk voordat dit aan honde van behoeftige eienaars uitgedeel word.

Die idee van polistireenhondebeddens het by Truscott posgevat toe sy besef die hondekomberse wat sy in samewerking met die Animal Anti-Cruelty League in Port Elizabeth se noordelike voorstede uitdeel, deur die honde-eienaars gedurende die koue wintersaande gebruik word.

“Ook het die hondekomberse gou vrot geword wanneer dit ’n paar dae in die reën gelê het,” voeg Truscott by.

Ná ’n paar proeflopies het Truscott besluit op ’n streepsak as omhulsel, wat slegs halfpad met polistireen gevul word.

“ ’n Vol sak maak die bed net ongelyk. ’n Halwe sak laat ruimte vir die hond om sy lê te kry sonder dat hy afgly.”

Sy het ook onlangs besef dat die polistireenstukke net ’n bietjie groter as ’n R5-muntstuk moet wees om die beste matrasvorm aan te neem.

. Polistireenbakkies wat deeglik skoongemaak is kan by Kragga Kammaweg 30 in Sunridge afgelaai word waar Truscott dit sal oplaai.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.