Woodridge College bring ‘District Six’ na Savoy Teater

2017-07-26 06:02
Lede van die District Six span is, van links, Luke Erasmus, Onika Ngewu en Avuxeni Tyala.Foto:VERSKAF

Lede van die District Six span is, van links, Luke Erasmus, Onika Ngewu en Avuxeni Tyala.Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WOODRIDGE College gaan David Kramer en Taliep Peterson se wenproduksie District Six vanaf 3 tot 5 Augustus in die Savoy Teater opvoer.

District Six het die Suid-Afrikaanse teaterwêreld vir die eerste keer in die laat 1980’s stormgeloop en is in 2002 en 2003 met soortgelyke sukses in die Baxter Teater opgevoer.

Vanjaar is ’n besonder gepaste jaar om die produksie te herleef aangesien dit die tiende herdenking van Taliep Peterson se voortydige dood is.

District Six se uitbeelding van die tragedie wat gepaardgaan met die selfsugtige miskenning van mense se regte en waardigheid werp ook onvermydelik ’n waarskuwende blik op ons sosio-politiese hede.

Die regie vir Woodridge se weergawe van hierdie ikoniese produksie word behartig deur Caren Bestbier, met musiek versorging deur Virgil Matrass en choreografie deur Chireen Ferreira.

Bestbier, tans Hoof van Drama aan Woodridge College, beskik oor meer as 20 jaar se ondervinding in die teaterbedryf.

Sy is baie opgewonde oor die geleentheid om die regie van District Six waar te neem.

“Dit is ‘n eer om met ’n ongelooflik talentvolle en toegewyde groep jongmense aan hierdie produksie te werk.

“Toe ek die betrokke musiekblyspel’n jaar gelede gekies het, het ek natuurlik geen benul gehad hoe betekenisvol ’n werk oor ’n bedreigde gemeenskap vir die akteurs en die Woodridge-gemeenskap as geheel sou word nie.

“Drama het die potensiaal om te genees en te onderrig en ek glo die besluit om voort te gaan met die produksie ten spyte van die brandskade aan die skool sal beslis bydra tot die versterking van Woodridge se onblusbare gees,” sê sy.

Matrass, koorleier en klavier- en sangonderwyser aan Woodridge College, se leerlinge blink gereeld uit in beide klassieke en kontemporêr-georïenteerde eksterne musiekeksamens, terwyl Ferreira beskik oor 37 jaar se ondervinding in die teaterbedryf as sangeres, aktrise, choreograaf en regisseur.

“Ek is verheug dat District Six, ’n briljante stuk Suid-Afrikaanse teater, my eerste medewerking met Woodridge College verteenwoordig,” vertel Ferreira.

District Six sal vanaf 3 tot 5 Augustus opgevoer word in die Savoy Teater om 7nm.

Kaartjies vir die openingsaand is R110. Algemene vertoningkaartjies is R95 per volwassene en kind en R80 per pensioenaris wat by Computicket beskikbaar is.
– VERSLAGGEWER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.