Benni wil voortbou op sukses

2017-08-15 06:03
Benni McCarthy (Coach) during the Cape Town City FC sponsorship announcement press conference at Cape Town Stadium on August 11, 2017 in Cape Town, South Africa.

Benni McCarthy (Coach) during the Cape Town City FC sponsorship announcement press conference at Cape Town Stadium on August 11, 2017 in Cape Town, South Africa. (Photo by Grant Pitcher/Gallo Images)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ek wil voortbou op die sokkerklub Cape Town City se suksesse in die Premier-Sokkerliga van verlede jaar en sal elke wedstryd op meriete hanteer. Dit gebeur weinig dat ’n klub in sy eerste jaar van deelname onder die topdrie eindig en dit is vanjaar vir my as afrigter ’n aansporing om daarop te verbeter.”

Dít is wat Benni McCarthy, afrigter van Cape Town City, op Vrydag 11 Augustus by die bekendstelling van hul nuwe borg, Sportpesa, in die Kaapstad-stadion gesê het.

Ná sy aanstelling as afrigter van City het hy, die bestuur en tegniese span gaan sit om hul beplanning en strategie vir die 2017/2018-seisoen uit te werk.

“Ek het ’n baie goeie groep spelers en het vertroue in wat hulle op die veld kan doen. Die feit dat borge nou aan boord kom, beteken nie net ’n geldelike inspuiting vir die klub nie, maar ons kan ook top-spelers aankoop om die diepte in sekere posisies aan te vul,” het hy gesê.

“Ek kan nou wintie wees en sê ek wil alle bekers in die PSL wen, maar as jong afrigter wil ek nie die kar voor die perde span nie. Soos ek reeds gesê het: Ek vat die seisoen een wedstryd op ’n slag, want die seisoen eindig eers in Mei 2018.

“Die PSL skop hierdie naweek af en ons speel weg, juis teen die huidige kampioen Wits in Gauteng. Vir albei spanne gaan dit ’n toets wees en ek weet ek en Gavin Hunt wil albei maksimum punte in die eerste wedstryd behaal,” het McCarthy gesê.

“Dis nog te vroeg om te sê wie uiteindelik die kampioen gaan wees. Ek en die span het vir ons doelwitte gestel van hoe ons vanjaar die kompetisie gaan aanpak. Die eerste doelwit is om in die eerste sewe wedstryde ’n sekere aantal punte in ons wedstryde in te samel, maar ek gaan nie bekend maak hoeveel dit is nie,” het McCarthy geskerts.

In die verlede het Kaizer Chiefs en Orlando Pirates die mense aan die praat gesit, en het dié twee spanne oral in die land aanhangers gehad. Met Wits en Mamelodi Sundowns wat die PSL-titel onderskeidelik in 2016 en 2015 gewen het, sal Chiefs en Pirates vanjaar weer daarop wil aanspraak maak, want hulle was die vorige wenners.

Cape Town City het die afgelope Saterdag teen Polokwane City in die MTN8-kwarteindstryd in Kaapstad-stadion gespeel. Die telling was 1-0 in Cape Town City se guns nadat verdediger Sibusiso Mbonani ’n eie-doel aangeteken het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.