Bruin Afrikaanses vereer Small met versoeningsboek

2016-12-20 06:01
HIer is (van links) prof. Wannie Carstens (redakteur), dr. Rosalie Small en dr. Michael le Cordeur (redakteur). FOTO’S: ChEvon SAMUELS

HIer is (van links) prof. Wannie Carstens (redakteur), dr. Rosalie Small en dr. Michael le Cordeur (redakteur). FOTO’S: ChEvon SAMUELS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dis nie elke dag dat ’n mens die room van Afrikaans se bruin vegterskorps onder een dak raakloop nie, maar heeltemal te verstane wanneer ’n mens hoor dis om in boekvorm hulde aan prof. Adam Small te bring.

Dít was die gebeure wat op Versoeningsdag die afgelope Vrydag by die Kunstekaap in Kaapstad afgespeel het.

Die 36 skrywers van Ons kom van vêr, ’n samestelling van vertellinge wat hulde bring aan Small – een van dié grootste Afrikaanse versoeningsgeeste – het saam met hul gaste die bekendstelling bygewoon.

Onder die vernaamstes dalk, tel Kraaifontein se eie Elias P. Nel, Christo van der Rheede en drs. Franklin Sonn, Michael le Cordeur en Danny Titus, die kerkleier prof. Mary-Anne Plaatjies van Huffel en die oudkoerantredakteurs Henry Jeffreys en Zelda Jongbloed, om maar ’n paar op te noem.

In ontvangs van Small se postuum-eksemplaar van dié boek, was sy eggenote, dr. Rosalie Small, wat ook een van die bydraers tot die boek was.

Die pad na Ons kom van vêr is begin met die seën van haar man toe hy nog geleef het.

Die redakteurs prof. Wannie Carstens en Le Cordeur, wat saam dié reuseprojek aangepak het om aan die geskrewe geskiedenis ’n stem te gee wat nie deur ’n koloniale lens vertel word nie, maar juis uit vertellings van bruin Afrikaanssprekendes en húl eiesoortige bydraes tot die bevordering van die taal, kon beswaarlik hul trots beteuel.

En met reg ook. Dié boek se dekkingsveld is wyd en dis geskryf om as navorsingstuk te dien.

Die 36 skrywers se onderskeie persoonlike reis deur apartheid en hul belewenisse ten behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal, is inderdaad prysenswaardig – al is dit ook by tye pynlik en ontstigtend.

Godsdiens en die kerk, die politiek, taal, ekonomie, onderrig – daar is geen heilige koeie nie.

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), met sy kantore in Bellville, het die bekendstelling aangebied as deel van sy Versoeningsdagvieringe.

Die boekbekendstelling, wat oorspronklik op Small se verjaardag op 21 Desember sou plaasgevind het, is toe ná sy heengaan (op 25 Junie vanjaar) spesifiek vir Versoeningsdag gereël, aangesien die boek op sigself ook die begeerte tot versoening vergestalt.

Op dieselfde dag as die bekendstelling is Small se Joanie Gallant-hulle, wat die storie van ’n Kaapse gesin se ontheemding vertel, in Kunstekaap opgevoer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

SA stats: The role of pets in families

New survey shows impact animals have on SA families

 
 

Paws

The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.