CT City verras met spel

2017-06-06 06:01

Die sokkerklub Cape Town City het die geskiedenisboeke van die Premier-sokkerliga (PSL) vir die 2016/17-seisoen herskryf deur nie net mededingend te wees nie, maar as nuweling-span veterane soos Kaizer Chiefs, Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates met hul sterte tussen die bene terug noorde toe te stuur.

Sedert die PSL in 1996 gestig is, het twee of meer spanne gereeld die Kaap in die kompetisie verteenwoordig en die wedstryde was altyd in die Athlone-stadion gespeel.

Met City wat Cape Town-stadion as sy tuiste gekies het, en Ajax Cape Town van Parow wat sy wedstryde in die Athlone-stadion beslis het, moes die besoekers by twee speeloppervlaktes en die Kaapse wind aanpas. Dis dan ook geen wonder dat die besoekers nie welslae in die Kaap kon behaal nie.

Ajax is al ’n ou kalant in die kompetisie en City was soos ’n vars briesie in die kompetisie. Groot gewag is gemaak van hoe Ajax op verlede jaar se vertoning sou verbeter.

Die seisoen het ook vir ’n paar opskuddings gesorg toe Bidvest Wits, onder leiding van die Kapenaar Gavin Hunt, vanjaar die titel voor Mamelodi Sundowns (verlede jaar se wenner) weggeraap het. Vir Hunt en sy span was dit beslis derde keer skeepsreg, want by twee geleenthede moes hulle met die naaswenner-status tevrede wees. Die ander Kapenaar in die Wits-span, Eleazar Rodgers van Kuilsrivier, kan hom ook as ’n kampioen beskou, want hy was instrumenteel in Wits se suksesverhaal op die veld. Hy het nie net doele met kopskote aangeteken nie, maar sy geleerde skopvoet was giftig in die strafgebied of van die strafkol af.

Almal was oorgehaal om te sien wat Cape Town City onder afrigting van Eric Tinckler, voormalige middelskakel van Bafana Bafana, gaan doen, en hy en die span het glad nie teleurgestel nie. Tinckler was deel van die klas van 1996 onder Lucas Radebe wat die Afrikabeker gewen het. Hy was by twee geleenthede die seisoen se afrigter van die maand aangewys en Lebogang Manyama, ’n voormalige Ajax Cape Town-speler, het 13 doele vir City aangeteken. Hy is dus die PSL se voorste doelskieter en het vanjaar onder Tinckler se afrigting gedy en gewys wat in hom steek.

As sokkerliefhebbers gedink het City is net daar om die getalle in die PSL vol te maak, het hulle hulle misgis.

City het nie net Kaapstad se sokkerliefhebbers verdeel nie, want sedert Santos van Athlone in die nasionale sokkerafdeling meegeding het, het die meeste Ajax ondersteun.

Met City ook nou in die PSL-kompetisie, het Kapenaars twee keer die kans gekry om groot name in die Kaap in aksie te sien. Die spanne van die noorde moes nie net met City kragte meet nie, maar ook met Ajax en om die besoekers se wenkanse te fnuik, moes hulle die Kapenaars op hul getroue bondgenoot, ’n winderige Athlone-stadion, aandurf.

Met City se intrapslag in die PSL het hy nie net die Telkombeker gewen nie, maar het derde op die PSL se punteleer geëindig. Met sy derde plek het City nou vir die Confederation of African Football (CAF) se Konfederasiebeker gekwalifiseer.

Met Ajax se jarelange ervaring in die PSL was die verwagting dat hulle vanjaar beter sou vaar en ten minste sou kwalifiseer vir die MTN-8, maar het weer teleurgestel en tiende geëindig.

Ajax, onder die destydse leierskap van John Comitis en die afrigters Foppe de Haan en Craig Rosslee, het hul stem in die PSL-kompetisies dik gemaak en hul laaste verskyning in die MTN-8 was teen Golden Arrows in die Orlando-stadion toe hulle met 6-0 getroef is. Die ou strydros van Ajax, Nathan Paulse, het vanjaar ses doele geskiet, maar sy mede-doelskieters het tekort geskiet. Een van die jong opkomende spelers van Ajax was Grant Magerman van Bonteheuwel, wat nie net die SA o.19-span na Suid-Korea gehaal het nie, maar ook die o.19’s se eerste doel by die toernooi aangeteken het.

Die spanne in die PSL kry nou ’n blaaskans van twee maande voordat die nuwe liga in Augustus afskop. Hopelik sal City voortbou op hul goeie vertoning van vanjaar, maar vir Ajax is dit terug tekenbord toe. Met die voormalige Ajax-doelwagter, Hans Vonk, terug om dinge by Ajax weer op koers te kry, kan die 2017/18-seisoen net ’n verbetering op die afgelope twee jaar se treurmare in Parow wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.