Doofblinde ‘sien’ en ‘hoor’

2016-11-01 06:00

’n Mens hoor nie aldag van ’n mens wat niks kan hoor nie en wat beperkte sig het, wat met sy eie kar die hele land vol ry én boonop nege Comrades-marathons en ’n hele paar Twee Oseane-wedlope agter sy naam het nie. Dít is egter presies wie Philip Dobson van Doofblind Suid-Afrika is – die man wat dit sy lewenstaak gemaak het om bewustheid vir doofblindheid te kweek.

Philip woon in Kenilworth en bied gereeld werksessies op die platteland aan ter ondersteuning van doofblindes, waarvan die mees onlangse een voorverlede week op Swellendam, waarna TygerBurger, People’s Post se susterkoerant ook genooi is.

Toe ons hoor wat Philip al alles in sy lewe vermag het met algehele doofheid en sig in slegs een oog, wou ons ook ’n bydrae tot die bewusmakingsveldtog lewer.Charismatiese man

Mariette Cross, wat saam met Philip uit die huis in Kenilworth werk, vertel dat dié charismatiese man reeds op 15 doof geword het. “Hy het begin hardloop om ontslae te raak van die ‘doofword’, want hy was horend gewees en het breinvliesontsteking gekry en só sy gehoor verloor.

“Hy was ook baie musikaal en het liedjies begin maak om van die tinnitus (gesuis in die oor) ontslae te probeer raak,” vertel sy.

“Nou irriteer dit hom glad nie meer nie.”

Sy sê mense moenie dink doofblinde mense is “onnosel” nie. “Omdat hulle nie kan sien en hoor nie, is hul brein juis vreeslik aktief. Hulle wil weet van alles, en met die tegnologie van vandag, kan hulle selfs e-posse stuur!” sê sy. Al wat dit verg, is ’n spesiale sleutelbord. Ja, daar ís tegnologiese vordering, maar Philip sê doofblindheid het sy eie unieke uitdagings. “Doofblindheid verwys na ’n unieke gestremdheid. Anders as om nét doof of nét blind te wees, is doofblindheid ’n kombinasie van die twee gestremdhede. Dié kombinasie veroorsaak uiterste uitdagings met bewegingsoriëntering, verkryging van inligting en algemene kommunikasie,” sê Philip. Geen enkele doofblinde persoon se graad van doofblindheid en vaardighede is dieselfde as ’n ander s’n nie. ’n Persoon mag miskien steeds sig in een of beide oë hê en ook gehoorreste in sy gehoorsisteem, of mag totaal doof en blind wees,” verduidelik hy.

“Belangrik is dat elke individu ewe veel gerespekteer word soos ’n nie-gestremde persoon. Let op dat die term ‘nie-gestremde’ persoon korrek is, in plaas van ‘normale persoon’. Dit is deel van menslike diversiteit,” sê hy. Philip noem vier kategorieë van doofblindheid. Dít sluit in doofblindheid voordat taalvaardighede aangeleer is (pre-linguïstieke doofblindheid), om blind te wees en dan tree gehoorverlies in, kultuurdoofheid (as jy doof gebore word) en dan verloor die persoon hul sig, en diegene wat later in hul lewe doofblind word, sê Philip.

In die eerste kategorie is ontwikkeling uiters uitdagend, omdat die persoon geen persepsie van die visuele en klank het nie.

“Dit kan egter oorkom word met die korrekte benadering. Die persone is nie noodwendig verstandelik gestrem of beperk nie, en kan volwaardig ontwikkel op alle vlakke van lewensdomeine.”

Wanneer iemand blind is en dan hul gehoor verloor, is dié mense gewoonlik goed georiënteerd om deur braille en klank inligting te ontvang en te kommunikeer, sê hy.

GehoortoestelleHulle kan selfs “met die nodige gehoortoestelle, waar moontlik, inpas in die groep waarin hulle hulself tuis ag. Hulle gebruik min of geen tasbare gebaretaal-tegnieke vir kommunikasie nie”.

“Persone uit die dowe kultuurgroep kommunikeer hoofsaaklik deur gebaretaal, tasbare gebaretaal-tegnieke en sal moontlik braille aanleer, maar geen persoon moet verplig word nie,” meen Philip.

“Mense kan ook gedeeltelik blind wees, byvoorbeeld blind in een oog, met redelike sig in die ander. Afhangend van sigreste, gebruik hul verskeie mediums van gebaretaal”. Mense wat later doofblind geword het, is gewoonlik mense in gevorderde ouderdomme, sê hy. “Persone raak later doofblind op gevorderde ouderdom weens siekte, ongelukke en veroudering. Die grootste voorkoms van doofblindheid val in hierdie kategorie. “Soms word mense erg benadeel, en hulle onttrek hul aan die algemene sosiale lewe, familie en vriende weens misverstande in kommunikasie,” sê Philip.

Dit is uiters belangrik dat die korrekte diagnose en identifisering gemaak word, sodat die persoon vroegtydig ’n sterk ondersteuningstelsel kan hê wat hul lewe verryk, en hul toelaat om met waardigheid te leef en met respek behandel te word, sê hy.

“Doofblindes smag daarna om net so menswaardig as enige ander persoon te kan leef, daagliks te kan gaan werk om te sorg vir eie en gesinsbehoeftes. Daar is selfs doofblindes wat professionele beroepe volg.”

Philip sê dis belangrik om doofblinde mense by alle sfere te probeer betrek in die huis en die gemeenskap. “Vind maniere om hindernisse te oorkom en deel inligting. Gee doofblinde mense die keuse om self te besluit en moenie dit namens hulle neem nie. Om lief te hê en om liefgehê te word, is enige mens se wens, só ook ’n doofblinde s’n.”V Kontak Doofblind SA by info@deafblindsa.co.za of 082 688 5344.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.