‘Ek missie Ses’ by Suidooster

2016-04-19 06:00
Leslie Javan  FOTO: Anelia Loubser

Leslie Javan FOTO: Anelia Loubser

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Ek missie sounds vannie nag oupa, ma’ nie vannie bulldozers ennie guns-zie, ek missie Ses.”

Loit Sôls se gedig “Ek missie Ses” skep ’n prentjie van die lewe in die die Distrik Ses-era. Terwyl daar beslis negatiewe ervaringe rondom dié tyd is, was daar ook positiewe aspekte.

Hierdie ideë is die inspirasie agter Ek missie Ses wat op Saterdag 30 April om 10:00 en op Sondag 1 Mei om 21:00 in die KykNET-teater as deel van die Suidoosterfees te sien sal wees.

Die produksie kombineer musiek, sang, dans, en ook poësie deur die digters Sôls en Diana Ferrus om die persoonlike ervaringe van individue gedurende die Distrik Ses-era te reflekteer.

Hulle verhale word met ’n ligte aanraking vertel. In plaas daarvan om die negatiewe aspekte van Distrik Ses uit te lig, fokus die tea-terstuk eerder op hoe mense geraak is deur hul eie ervaringe en hoe hulle vorentoe kyk, of vasgevang bly in die verlede.

Allison Hendricks, direkteur en choreograaf, en Leslie Javan, musikale direkteur, het saam gewerk om verskeie uitvoerende kunste bymekaar in Ek missie Ses vas te werk.

Poësie beklemtoon die krag van woorde terwyl dansers emosies in die woorde en sang weerspieel.

Javan, ’n bekende liedjie skrywer, komponis en regisseur, het die musiek vir die produksie saamgestel.

Met sy klassieke en jazz agtergrond is Javan meer bekend vir sy plattelandse musiek-styl wat vir hom in 2011 ’n SAMA- nominasie gewen het.

Hy is ’n stigters lid van die Solms Delta gemeenskaps-musiekprojek en skryf ook vir televisie en film klankbane.

Hendricks werk hoofsaaklik as ’n choreograaf en direkteur en was al in talle produksies, op van die land en buiteland se grootste verhoë betrokke.

Met Ek missie Ses, verenig dié talentvolle kunstenaars hul kreatiewe energie en passie om een onvergeetlike produksie op die planke te bring.V Kaartjies kos R110 en is by Computicket beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Land reform model fizzles

2016-09-25 08:24

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.