Film wys gevangenes in rugbystryd

2016-03-29 06:00
Rudy Halgryn van De Waterkant speel die rol van die Engelse Luitenant Butler in die krygsgevangenis-film Modder en Bloed.

Rudy Halgryn van De Waterkant speel die rol van die Engelse Luitenant Butler in die krygsgevangenis-film Modder en Bloed.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vele plaaslike akteurs is van Vrydag in die nuwe Afrikaanse fliek Modder en Bloed te sien.

Die spanne agter Leading Lady (Dark Matter Studios) en Platteland (Collective Dream Films) het kragte saamgespan om die verhaal van ’n groep mans te wys wat as krygsgevangenes op St Helena-eiland tydens die Anglo-Boereoorlog gehou is.

Modder en Bloed volg Willem Morkel (gespeel deur Stian Bam), ’n Boerekryger wat homself in ’n Engelse konsentrasiekamp onder die beheer van Kolonel Swannell (Grant Swanby) bevind.

Danksy die kolonel se haat word die krygsgevangenes slagoffers van brutale mishandeling en vernedering. Wanneer Willem ’n uitdaging aanvaar, is daar soete wraak in die belangrikste rugbywedstryd van die gevangenes se lewens.

Rudy Halgryn, van De Waterkant, is een van die film se uitvoerende vervaardigers en vertolk ook die rol van Luitenant Butler, ’n fantastiese rugbyspeler en -kaptein.

Rudy sê dat Butler ook ’n besorgde karakter is.

“Soos baie manne van daardie tyd was hy in die middel van ’n oorlog wat hy nie rerig verstaan nie.”

Hoewel Butler ’n goeie hart het, word hy deur die kolonel gemanipuleer. Op die rugbyveld is hy selfversekerd, maar in sy alledaagse lewe sukkel hy om sy stem te vind.

Albert Pretorius, van die Tuine, is die akteur agter Gawie Mentz, ’n karakter wat hy as “’n groot man met ’n groter hart” beskryf. Hoewel Gawie met die toestande in die kamp sukkel, sê Albert “hy is ’n sagte siel, maar sy hart is op die regte plek en as hy moet opstaan vir dit waarin hy glo, is hy bereid om meer as net die ekstra myl te gaan.”

Die internasionaal bekroonde Deon Lotz van Kaapstad speel die rol van Maartens, een van die boere wat nie die situasie in die kamp kan aanvaar nie. “Hy probeer vlug, maar dan tref die noodlot hom.”

Benedikt Sebastian van Seepunt, miskien meer bekend vir sy musiek, vertolk die rol van Greyling in Modder en Bloed.

“My karakter is gebaseer op die bittereinders, ’n groep geharde Afrikaners wat deel uitgemaak het van ’n kerneenheid van Boere-vegters wat in die berge en heuwels weggekruip het tydens die guerilla-oorlogvoering teen die Britte in die Tweede Boere-oorlog.”

Net soos Greyling s’n was Benedikt se hare lank toe hulle die film begin skiet het. Hy vertel dat die bittereinders ’n belofte gemaak het om nie hul hare te sny tot die oorlog verby was nie.

Toe Greyling (en natuurlik Benedikt) se hare gedurend sy gevangenisskap geskeer is, was dit nie moelik vir Benedikt om sy karakter se skok na te boots nie.

Jandre le Roux, wat ook in Kaapstad woon, speel ’n Kaapse atleet en student, Longtom van Tonder.

“Hy word raakgesien by a sportdag, en word deel van die boeregevangenis se rugbyspan, wat teen die Engelse moet opdraf vir ’n baie belangrike wedstryd.”

Jandre sien Modder en Bloed as een van die beste flieks in die geskiedenis van Suid-Afrika se film-bedryf.

“[Dis] ’n perfekte kombinasie van ons twee groot trotse, naamlik rugby en ons geliefde land, Suid-Afrika.”

Die res van die genootskap stem saam en gebruik woorde soos “roerend”, “emosioneel” en “weerklank” om die film te beskryf.

“Ek dink dis ’n wonderlike, goeie, outydse storie wat snaaks, hartseer en spannend is met van ons land se beste akteurs,” vertel Albert. “Ek dink die menslikheid sal mense aanraak.”V Modder en Bloed draai van Vrydag in Ster-Kinekor-teaters. Besoek www.modderenbloedmovie.com vir meer inligting oor die film en om die lokprent te kyk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.