Geluide wek emosies op

2017-09-26 06:00

Geluide het nou maar net die vermoë om verskillende emosies in mense wakker te maak.

Probeer jy byvoorbeeld ’n Sondag-middagslapie vang, is ’n neulende bandsaag een van daardie steurnisse wat jou bloeddruk die hoogtes injaag en jou in tale laat spreek wat nie vir publikasie geskik is nie.

’n Blaffende of tjankende hond, ’n kermende huisalarm in die buurt, die sputterende gebrul van ’n motorfiets, die gedoef-doef van ’n karluidspreker of die luidrugtige gekattemaai van tieners langs jou slaapkamervenster, bring ook net die slegste in enige gerespekteerde Sondagmiddagslaper na vore.

In die nag gee sekere geluide jou weer ’n angstige beklemming om die hart: ’n geweerskoot wat klap, die hoë gegil van ’n vrou, skreeuende remme, die slag van ’n motorbotsing, die gekraak van brekende glas of die geloei van polisie-, ambulans- of brandweersirenes.

Steeds in die nag, beleef ouers van jong kindertjies weer die gevoel van volslae moedeloosheid wanneer die eerste klankies van ’n uur lange huilsessie uit baba se bekkie begin ontsnap. Hierdie soort geluid bring ook ’n streep oneerlikheid na vore wanneer die man gewoonlik liggies begin snork om sy vrou te laat glo hy slaap vas.

En vroegoggende is daar niks erger as die geweeklaag van ’n wekker op jou bedkassie nie – veral as dit jou uit die wondersoete droom van ’n multimiljoenrand-Lotto-oorwinning ruk.

Maar gelukkig is daar ook baie geluide wat positiewe emosies opwek soos die geplons van groot, vet reëndruppels op die sinkdak van jou huis in ’n drooggeteisterde Kaap. – Rudie van Rensburg

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.