Iets vir almal by Hermanus FynArts-fees

2017-06-06 06:00
Die bekende wynskrywer Melvyn Minnaar.

Die bekende wynskrywer Melvyn Minnaar.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vanjaar, in sy vyfde jaar, kan kunsliefhebbers van 9 tot 18 Junie weer die unieke versmelting van ’n klassieke kunstefees en ’n winterskool – met die klem op die visuele kunste – mee­maak op Hermanus se FynArts-kunstefees.

Vanjaar se feeskunstenaar is Willie Bester, wie se werke onder die tema “Transformasie” uitgestal word. Die feesprogram sluit meer as 20 musiekop­voerings in wat wissel van klassiek tot Broadway en jazz deur plaaslike internasionaal-erkende musici en kuns­tenaars. Benewens die ope­nings­konsert op 9 Junie en die ses groter opvoerings oor die twee naweke van die fees, is daar vele ander musiekkonserte.

Op van die weeks­aand­e bied Magdalene de Vries (marimba) en Frank Mallows (vibrafoon) ’n unieke Suid-Afrikaanse repertoire, die Odeion-strykkwartet van die Vrystaatse Universiteit bied ’n uitvoering van die werke van Beet­hoven en Schumann, die gewilde storieverteller Gcina Mhlope vermaak met My Travel Bag en in die Charl du Plessis-trio se Baroqueswing word van klassiek tot jazz gespeel.

In die middae word die Pam Golding-reeks vir die eerste keer aangebied met twee mu­siek­uitvoerings – A Lunchtime Recital met Megan-Geoffrey Prins (klavier) en Tatiana Thaele (fluit) en Dancing through Time met Galen-Rose Sales (harp) en Bridget Rennie-Salonen (fluit). Kobus Moolman tree op in die derde Pam Golding-huiskonsert met ’n poësievoorlesing.

Van die ander middagete- en middaguit­voerings sluit in die Odeion-strykkwartet in Baroque to Contemporary Film, Francois du Toit met The Romantic Piano, ’n orrel-ensemble met Louna Stofberg (orrel), Pieter-Adriaan Stofberg (tjello) en Jenna O’Neill (viool) en die gospel-konsert van die Lusanda Spiritual Group met Lusanda Mcinga.

Benewens musiek kry die visuele kunste weer groot blootstelling op vanjaar se FynArts-program met van uitstallings van meer as 120 kunstenaars.

Vir sy winterskool bied FynArts vanjaar sowat 40 werkswinkels en demonstrasies aan, meer as 20 gesprekke en aanbiedings, ’n verskei­denheid toere, wyn­proeë, klassieke films en kindervermaak. FynArts het vanjaar ook vir die eerste keer ’n “boekroete” waar vyf boekverwante winkels na die belangstellings van literêre en boekliefhebbers sal omsien. V Die volledige program vir FynArts is op www.her­manus­fynarts.co.za beskikbaar en kaartjies kan by Webtickets of by 028 312 2629 gekoop word.

Wen! Wen! Wen! V Vyf People’s Post-lesers kan dubbelkaartjies wen na een van die volgende vertonings: Swinging 60s of Swing, Sing and all that Jazz op Saterdag 17 en Sondag 18 Junie, of Broadway Spectacular hierdie Sondag. Stuur ’n epos na win@peoplespost.co.za met die naam van die vertoning wat jy graag wil sien in die onderwerpveld voor Donderdag om 12:00. Wenners sal per epos in kennis gestel word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.