Inwoners vrees ‘bende-infiltrasie’

2017-04-11 06:01
Die polisie ondersoek twee sake van brandstigting ná twee Woodlands-woonstelle met petrolbomme bestook is.

Die polisie ondersoek twee sake van brandstigting ná twee Woodlands-woonstelle met petrolbomme bestook is. (Samantha Lee)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ná amper 30 jaar van vrede, lewe Woodlands-inwoners nou in vrees na ’n aantal geweldsmisdade in die gebied.

Die afgelope drie weke was daar verhoogde bende-aktiwiteite waarin twee mense dood is en twee huise beskadig is.

“Na die skietvoorval is ek bang om my kinders te laat uitgaan,” sê een inwoner.

Ander inwoners vertel aan People’s Post dat selfs al gebeur die voorvalle meestal in een gedeelte van die woonbuurt, vrees hulle dit sal versprei na hul strate.

“Woodlands was vir baie jare stil. Ek woon nou al hier vir 35 jaar en in daai tyd was dit baie min wat jy gehoor het dat iemand geskiet is. Daar was baie rooftogte en huisinbrake, maar nie bende-aktiwiteit nie,” sê ’n vroulike inwoner.

“Jong kinders loop nou in die strate met vuurwapens. Voorheen het mense hul vuurwapens weggesteek, nou het hulle nie skaamte nie,” sê nog ’n inwoner.

Inwoners vertel die eerste paar bende-verwante skietvoorvalle het twee tot drie weke gelede gebeur, hoewel niemand daarin beseer is nie.

Dit is gevolg deur nog aanvalle, wat ’n skietvoorval by ’n woonstel ingesluit het. Dieselfde woonstel in Jasonsingel is ’n paar dae later aan die brand gesteek.

Nog ’n woonstel in Pandorahof is dieselfde dag ook aan die brand gesteek.

Adjudantoffisier Wynita Kleinsmith, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek twee sake van brandstigting na die twee petrolbomaanvalle.

Lentegeur-polisie het aan People’s Post bevestig dat hulle twee moorde ondersoek.

Kolonel Herman Seals, stasiebevelvoerder, sê twee mans, een 27 en die ander 28 jaar oud, is op Maandag 27 Maart doodgeskiet.

Een is in die oggend doodgeskiet en die ander in die aand. Albei is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie vermoed die moorde was bendeverwant.

’n Aantal inwoners het ook aan People’s Post vertel van ’n Whatsapp-stempos – oor bendes wat Woodlands gaan infiltreer – wat versprei is.

Die polisie sê hulle is bewus van die boodskap.

“Ons kan bevestig dat ons die gerug gehoor het dat bendes die gebied gaan infiltreer. Ons vra dat die gemeenskap met die polisie saamwerk en ons kontak met enige inligting oor misdaad,” sê Seals.

“Die polisie sal voortgaan om onverpoos te werk om misdaad te bestry.”

  • Inwoners met inligting oor moorde en ernstige misdade word gevra om die ernstige en geweldsmisdade-speureenheid te bel by 082 411 2382 of om die stasie te bel by 021 377 5100 met inligting oor misdaad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.