Kaapse spanne nie goed genoeg

2017-06-13 06:03

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Drie Kaapse klubspanne, onder meer twee wat verlede jaar ’n franchise gekoop het – Devonshire Rovers (Hellenic) en Cultural Roots (ASD Cape Town) – en Milano United, het hul status in die tweede liga van Safa se ABC Motsepe se Wes-Kaapse streekkompetisie verloor.

Die bogenoemde spanne is gerelegeer en sal nou in die nuwe seisoen later vanjaar in Safa Kaapstad se SAB-derdeliga hul sokker moet speel. Santos wat uit die nasionale eerste liga (NFD) gerelegeer is en die twee gepromoveerde spanne – Hout Bay United en Royal Blues – sal in die tweede liga speel.

Die ligakampioen Zizwe United moet nou ook terugkeer na die Wes-Kaapse tweede liga nadat hy nie gepromoveer is by die nasionale uitspeelrondes in Oos-Londen nie.

Dis belangrik om te noem dat die Wes-Kaapse kampioene – Glendene United, Steenberg United en nou Zizwe United – in die laaste drie jaar by die nasionale uitspeelrondes in onderskeidelik Kimberley, Bloemfontein en Oos-Londen nie teen sy KwaZulu-Natalse teenstanders kon wen nie.

En dit is nie omdat hierdie spanne nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie.

Die groot probleem is dat KwaZulu-Natal en tot ’n mate die Oos-Kaapse kampioene, die Kapenaars vasgevat en gedwing het om tweede viool te speel.

Dit is slegs Hout Bay United (2017), Jomos Power (2016), Royal Blues (Sentraal-Karoo) en Stellenbosch se United FC (Kaapse Wynland) wat die afgelope paar jaar sukses in die SAB-derdeliga se Wes-Kaapse provinsiale promosie-uitspeelrondes kon behaal deur gepromoveer te word na die tweede liga.

Die meeste van die Kaapse breiers glo egter dat hulle spelers by die uitspeelrondes ’n gebrek aan afronding toon en ook weens swak verdediging doele afstaan en sodoende wedstryde verloor of onnodige punte prysgee.

Mike Lukukhuene, breier van Steenberg United, is van mening dat daar binnekort drie tot vier Wes-Kaapse spanne in die tweede liga gaan speel indien die Wes-Kaapse verteenwoordigers by die nasionale uitspeelrondes nie sterk genoeg is om teen die beste spanne mee te ding nie.

Die 16 klubspanne wat in die 2017/2018-seisoen in Safa se Wes-Kaapse streek meeding, is: Zizwe United, Steenberg United, Glendene United, The Magic, Grassy Park United, Ikapa Sporting, Ajax Cape Town, Crystal Palace, United FC, Barcelona, FC Cape Town, Jomos Power, Atlantic Nacional, Hout Bay United, Royal Blues en Santos.


Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

SPECIAL REPORT: #GuptaLeaks

2017-06-01 11:58

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/Africa
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.