BRIEF: Meneer Herbert van Drukkerystraat

2016-11-01 06:00

Herbert P Adams is ’n lang, skraal, sestig-jarige gryskopman met baie merke op sy kerfstok en tronktatoes om dit te bewys. Herbert is ’n huislose straatbe­woner van die Kaap se onderdorp, maar met sy keur van Afrikaanse taalgebruik kon hy netsowel jou of my buurman gewees het.

Sedert die einde van Herbert se bendedae en tronksitdae is hy ’n beroepskaroppasser, denker onder bome, leser van ou koerante en ’n algemene straatvaardige bekende gesig in en om die ou sakepersele van die dorp. So het Herbert tydig en ontydig by ons kantoor opgedaag; dan is dit vir ’n bietjie water, dan vir ’n pynpil, maar meestal vir ’n geldjie.

Vanwaar ek in my kantoor sit, kan ek die voordeur sien en as die besoeker by die staalhek genoeg moeite doen, dan sal hy my ook kan sien. Herbert het hierdie rek-en-kyk-tegniek gou agtergekom.

“Die sake is weer sleg die afgelope dae Meneer Hennie; die ander ou in Parow het gesê ek moet sy ruite kom was, maar nou is hy nie daar nie…”

Daar is altyd iets wat moes plaasvind of iemand wat nie ’n werkie of ’n aalmoes te spare gehad het nie en dis altyd ou Herbert wat daaronder ly. Toe besluit ek Herbert moet ’n werk kry.

Sedert daardie dag kom Herbert elke Woensdagoggend ons parkeergebied vir drie ure lank vee. Hy tel die blare op en in ruil kry hy ’n warm koppie tee en ’n blou noot. Ons parkeergebied lyk fraai vir ’n paar uur, ons kantoorgeldjies voel nie armlastig weens die een blou nootjie wat weg is nie en Herbert sorg nou vir sy eie welsyn; al is dit moontlik net hier in Drukkerystraat.

Die verhaal van “Herbert” het sommer net weer vir my ’n klomp opstandigheid en jammerte in my gemoed oopgeknoop. Hoeveel blou note sal elke klein onderneming vir die mees basiese van tydelike werkskepping beskikbaar hê, indien die personeel elkeen een koppie koffie of tee per dag minder drink?

Die voorbeelde is onbeperk, indien die wil daar is.

Hennie Fritz, Epos

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.