Sien boeke ‘in vlees’

2016-04-12 06:00
Gail Juta en Maurice Paige in Krismis van Map Jacobs.  FOTO: Mitch Diany

Gail Juta en Maurice Paige in Krismis van Map Jacobs. FOTO: Mitch Diany

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Graad 10- en 12-leerders sal ’n kans kry om hul voorgeskrewe boeke “in die vlees” te sien wanneer Fiela se Kind en Krismis van Map Jacobs in April en Mei in die Kunstekaap opgevoer word.

Dié produksies is deel van Kunstekaap se beleid om jong gehore te ontwikkel en op te voed. Fiela se Kind is as deel van die Universiteit Stellenbosch se Woordfees in Maart aangebied voordat die stuk van Woensdag 20 April in die Kunstekaap-teater te sien sal wees.

Die beroemde Dalene Matthee-boek is in 1999 aangewys as die Afrikaanse boek van die eeu en vertel die storie van Benjamin Komoetie, ’n wit seun en sy bruin familie. Dis wanneer hy wegge- neem word dat sy soeke na homself, en Fiela se poging om haar kind terug te kry, eers begin.

Fiela se Kind word in samewerking met die Woordfees en die Nasionale Toneelspelkompetisie aangebied met ’n sterk rolverdeling wat onder meer name soos Lee-Ann van Rooy, Charlton George, Waldemar Schultz, Nicole Holm, Luke White, Carla Smith, Wian Taljaard, Cantona James, Tomley van Vuuren, Patricia Baadjies en Chanté Plaatjies insluit.

Vanaf Vrydag 6 Mei maak Adam Small se Krismis van Map Jacobs weer in die Kunste-kaap ’n draai. Onder leiding van André Samuels worstel hierdie toneelstuk met kwessies van armoede en werkloosheid deur die storie van Map Jacobs, wat ná sewe jaar in die tronk op parool vrygelaat is.

Krismis van Map Jacobs word deur Cape Heart aangebied.

Fiela se Kind sal om 15:30 en 19:30 van Woensdag 20 tot Saterdag 23 April in die Artscape-teater te sien wees. Krismis van Map Jacobs sal in die Artscape Arena op die planke wees. Die produksie word Vrydae en Saterdae van 6 tot 21 Mei om 19:30 opgevoer. Maandae tot Donderdae sal daar twee vertonings om 10:30 en 14:00 te sien wees. Kaartjies vir altwee produksies kos R40 en is by Computicket of by Artscape Dial-a-Seat by 021 421 7695 beskikbaar.


Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.