Stap in die kleurryke Bo-Kaap

2016-09-20 06:00

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) gaan weer vanjaar sy loopskoene aantrek om Erfenisdag deur die strate van die Bo-Kaap te vier, en almal is genooi.

Met dié 7 km-stap hoop die organisasie om mense van verskillende agtergronde bymekaar te bring, en daarom word lesers genooi om op Saterdag 24 September saam te stap.

Die stap begin om 10:00 en inskrywing is gratis, maar stappers moet nog steeds registreer. Dít sal om 07:30 en 09:30 by die Boorhaanolsentrum, Pentzstraat 26 in die Bo-Kaap plaasvind. Hierdie is ook die begin- en eindpunt van die stap.

Elke stapper se inskryfnommer is ’n spesifieke idioom om ook Afrikaanse idiome as ’n taalerfenis te laat herleef.

By die eindpunt sal daar lekker Kaaps-Maleise kos soos aknie, roti, kerrie, samoosas, koesisters, melktert en baie meer te koop wees. Terwyl deelnemers en besoekers smul, sal hulle vermaak word deur die Jaloersbokkies en die Zinnias, ’n Kaaps-Maleise koor.

Daar is natuurlik ook die asemrowende uitsig aan die voet van Seinheuwel om na uit te sien.

Die stap, teen hierdie geskiedkundige en kleurryke agtergrond, is bedoel vir die hele gesin.

Vandag is die Bo-Kaap bekend vir sy tradisionele kookkuns, helderkleurige huise en romantiese nou keisteenstrate.

Afrikaans, en meer spesifiek “Afri-Kaaps”, is die leidende taal in die Bo-Kaap, waar die oorgrote meerderheid inwoners die Moslemgeloof volg. Die wortels van Afrikaans lê natuurlik ook in die BoKaap, soos die ikoniese Bo-Kaapse taalkenner, dr. Achmat Davids, bevind het. Terwyl Hollands gepraat was, het die inwoners van die Bo-Kaap, wat meestal slawe was, reeds Afrikaans gepraat.

V Vir meer inligting, gaan na www.itheko.com of besoek www.sbafrikaans.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.