‘Tonnelvloed’ wasamper noodlottig

2017-06-13 06:00
Elizma de Jager en haar seun, Xander

Elizma de Jager en haar seun, Xander

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Kaapse ma het geweet dat as sy haar seuntjie se hand los, hy in die ondergrondse tonnels sou verdrink.

“Dit was verskriklik. Ek het nie gedink ons sal uit die tonnels kom nie,” het Elizma de Jager vertel nadat sy en ’n groep vriende en hul kinders Saterdagoggend 10 Junie ’n vreesaanjaende fratsvloed oorleef het. “Jy is ondergronds vasgekeer met water wat om jou styg. En die mense spoel weg. En jy’s onder die grond en jy’t hierdie kindjie wat jy moet probeer red.”

Elizma en haar sewejarige seun, Xander, het as deel van ’n maat se verjaarsdagvieringe ’n ondergrondse toer van die tonnels onder Kaapstad by die Kasteel de Goede Hoop onderneem.

Die ses seuns – Xander, Janco Beukes, Jan-Willem van Schalkwyk, Janco van Rensburg, Ewald Louw en Nicolas van Wyk – is almal in graad 1 aan die Laerskool Eversdal. Hulle is vergesel deur ses ouers – Elizma en Jackie Beukes, Ewald en Alida van Schalkwyk, Du Pré Louw en Rona van Wyk. Ongeveer 13 ander mense, van wie die meeste toeriste was, het ook die toer meegemaak.

Volgens Elizma sou hulle as deel van hul toerpakket eers die kasteel besoek, maar toe dit begin reën, het hul toerleier gesê hulle gaan eerder eers die tonnels besoek.

Die watervlak het egter gou al hoër gestyg en die stroom al sterker geword.

“In ’n stadium het die boodskap gekom dat ons moet terugdraai, maar die waterstroom was toe so sterk dat ’n mens skaars die persoon langs jou kon hoor.”

Hulle het teruggedraai en die toerleiers het vooruit gehardloop. Elizma sê hulle was vreesbevange. “Die kinders het begin gil en die mense het paniekerig geraak.”

Die ouers het die seuns opgetel en met hulle geloop, maar selfs dit het moeilik geword met die stroom wat teen hulle beur. Skielik het die stroom so sterk geword dat mense omgeval en meegesleur is. Elizma en Xander het oor ’n mede-ouer geval en het in die water beland, maar het weer opgekom. Sy het gesien hoe die ouer wegspoel en het geglo hulle gaan hulle dood tegemoet.

Uiteindelik het iemand ’n mangat naby hulle oopgemaak en hulle is gered.

Lede van hul geselskap het die mense wat weggespoel het, gaan soek. Hulle is ’n ent verder by ’n ander mangat gekry en gehelp.

Baie van besoekers wat ondergronds was, het ligte beserings opgedoen. Elizma sê hulle is nog styf en seer soos die water hulle rondgegooi het. “Ek is net so dankbaar ons is veilig. Dit kon soveel erger gewees het.”

Sy sê die ses seuns moet egter vir hulle dapperheid geloof word.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê nooddiensbeamptes is omstreeks 11:45 na die toneel ontbied. “Niemand word vermis nie en die oorsaak van die fratsvloed is nog onbekend.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.