Verskillende eenhede span saam vir veilige feestyd

2016-12-20 06:01
J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, spreek die hoofde van wetstoepassingsagentskappe toe tydens die aankondiging van die Stad Kaapstad se geïntegreerde veiligheidsprogram vir die feestyd. FOTO: brenden ruiter

J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, spreek die hoofde van wetstoepassingsagentskappe toe tydens die aankondiging van die Stad Kaapstad se geïntegreerde veiligheidsprogram vir die feestyd. FOTO: brenden ruiter

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Verskeie wetstoepassingsagentskappe het onlangs hul gebeurlikheidsplanne vir die feestyd by die Vervoer-beheersentrum in Goodwood bekendgestel.

Die polisie, die metropolisie, die Stad Kaapstad se spesiale ondersoekeenheid en wetstoepassers, die brandweer en rampbestuur het almal aangekondig hoe hulle deel van ’n geïntigreerde program gaan werk.

J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het met die aankondiging ’n beroep op die Stad en die provinsie se inwoners gedoen om verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te neem.

“Ons kan soms nie die onnoselheid van mense glo nie. Die meeste goed gebeur net omdat mense onnosel is, veral waar drank betrokke is. Dit is moeilik om te glo dat ons steeds tot 50 dronkbestuurders in ’n woonbuurt aankeer,” sê Smith.

Ian Schnetler, die brandweerhoof, het ’n beroep op inwoners gedoen om nie die brandweerstasie se direkte lyn nie, maar eerder die noodnommer, 107, te skakel.

“Wanneer jy die stasie bel, is dit moontlik dat niemand daar is nie. As jy die noodnommer bel, kan ons dadelik in kennis gestel word waar die brand is. Al 30 ons stasies is op ’n gereedheidsgrondslag. Drie helikopters – een in Stellenbosch en twee by Nuweland – is ook op ’n gereedheidsgrondslag geplaas. Tydelike brandbestryders is tot Mei gekontrakteer om veral met veldbrande te help,” sê Schnetler.

Dan Plato, provinsiale parlementslid vir gemeenskapsveiligheid, het die samewerking tussen die agentskappe verwelkom. “Nie een agentskap kan sonder die ander funksioneer en hoop om suksesvol te wees nie. Samewerking is belangrik om almal in dié tyd veilig te hou,” sê Plato.

Die verskeie eenhede gaan saam en afsonderlik werk om die feestyd vir inwoners veiliger te maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.