‘Vroue is sterker’

2016-12-13 06:01
Hannes van Wyk – akteur, televisiepersoonlikheid, motiveringspreker en nou ook skrywer.

Hannes van Wyk – akteur, televisiepersoonlikheid, motiveringspreker en nou ook skrywer.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hannes van Wyk is ’n man van vele talente. Hy’s ’n akteur, inhoudsvervaardiger, televisieaanbieder, motiveringspreker en nou ook skrywer.

Sy eerste boek, Vroue na aan my Hart, het onlangs die lig gesien en dit is die ideale Kersgeskenk vir die spesiale vrou, ma of vriendin in ’n mens se lewe.

Hannes, wat al twintig jaar in Kenilworth woon, bring met dié boek hulde aan veertig vroue wat ’n impak op sy lewe gehad het. Dit sluit in sy sussie, vriendinne, ’n paar bekende aktrises en sangeresse en, laaste maar verseker nie die minste nie, sy ma.

Tannie Mariet van Wyk (82) woon in Aliwal-Noord in die aftree-oord en Hannes vertel sonder skroom dat van ál die vroue in sy lewe is sy ma die een wat die nááste aan sy hart is.

“Ek het alles by my ma geleer. Ek kan onomwonde sê dat ek by haar respek geleer het, om mense te behandel soos wat jy behandel wil word, lojaliteit, stiptelikheid, om op te kom vir die underdog en sommer net om ’n beter mens te wees,” vertel Hannes.

Hannes vra tot vandag toe steeds haar raad voor hy enigiets belangriks aanpak.

Hy’t op dié boek besluit omdat hy hulde wil bring aan alle vroue.

“Ek glo beslis dat vroue die sterker geslag is. Hulle moet ’n vrou wees wil hul man, na die kinders omsien en dan nog ’n kompeterende beroep ook volg. Ek weet regtig nie hoe vroue en ma’s dit regkry nie. Waar kry hulle die energie vandaan?”

Dit was deels die rede hoekom Hannes besluit het om die boek te skryf.

“Ek wil hulde bring aan elke liewe vrou daar buite. Ek is nou al moeg dat mense altyd dankie sê vir mense as hulle die dag nie meer daar is nie. Ek wou dit nóú doen – vir die vroue wat al so baie vir my in my lewe beteken het.”

Hy noem die boek ’n hartsprojek en voeg by dat hy glad nie dink dat hy ’n groot skrywer is nie; dit was net iets wat hy graag wóú doen.

Elke vrou sal volgens Hannes kan identifiseer met iemand in die boek, wat ook verskeie bekende celebs insluit.

Onder die bekendes tel Sandra Prinsloo, Elize Cawood, Brümilda van Rensburg, Lizz Meiring, Sonja Herholdt, Carike Keuzenkamp, Sarah Theron en selfs tannie Evita Bezuidenhout.

“Dit is eerlik en op die man af, baie soos die onderhoude wat ek met mense doen (vir Kwêla).

“En daar is verseker dinge in die boek wat jy nié van die bekende vroue geweet het nie,” verklap Hannes.

Wat People’s Post se lesers nie van Hannes weet nie, is dat hy baie lief is vir sy eie geselskap.

“Uit die aard van my beroep is ek baie tussen mense en lief vir mense, maar dit is vir my die heel lekkerste om by die huis saam met my hondekinders en een of twee spesiale vriende te wees,” vertel hy.

Vroue na aan my Hart is vol humoristiese vertellings en staaltjies wat sal sorg vir lekker lees. Die boek is beskikbaar by alle goeie boekwinkels asook aanlyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/World
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.