Wayne laat lag vir hospies

2017-08-29 06:00
Wayne McKay

Wayne McKay

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As komediant is Wayne McKay wyd bekend en hy het al oral opgetree. Hy het nou besluit om sy talent as komediant te gebruik om meer as een hospies te help om geld in te samel.

“In ons gemeenskappe is daar baie mense wat met kanker gediagnoseer is en dis nie net die pasiënt wat daaronder ly nie, maar ook die res van die familie. Ek wil nou terugploeg in die gemeenskap wat deur die jare vir my goed was, met optredes en geldinsamelingsveldtogte vir hospiese,” het Mckay gesê.

Hy tree eerskomende Saterdag en Sondag in die Drostdy-teater op Stellenbosch vanaf 19:00 op ten bate van die Stellenbosch-hospies.

“My gemeenskap is baie belangrik vir my en benewens die hospiese is ek ook by die Shine-projek in Villiersdorp betrokke. By die Shine-projek help ek om plaaswerkers te motiveer en ek reël al hul gesellighede. Hospiese het my genader om hulle te help om geld in te samel, want oral sukkel organisasies om borge te kry,” het McKay gesê.

Sy optredes die naweek is sy eerste optrede om geld vir ’n hospies in te samel.

“Ek glo dat as ’n komediant is dit goed om aan die gemeenskap terug te kan gee. Ek het nog baie ander planne vir ander geldinsamelingsveldtogte vir hulle, maar jy moet êrens begin,” het hy gesê.

McKay tree ook op in die Baran-restaurant op Groentemarkplein en jong opkomende komediante kry hier die kans om hul eerste tree te gee.

“Die jong komediante kan hier hul humor kom uittoets voor verskillende gehore. Ons komediante het baie potensiaal en hier kan hulle altyd hul humor kom toets,” het McKay gesê.

Hy doen al sedert sy skooldae alleenoptredes, maar het in 2000 by klubs begin optree.

“Danksy my grapmakery, het ek al in Johannesburg, Australië en Nieu-Seeland opgetree. Ek wil ander aspirant-komediante verseker dat daar geld in dié besigheid is; jy moet net weet hoe om dit te hanteer,” skerts hy. As jongman het hy veral Pieter-Dirk Uys en Cedric the Entertainer bewonder.

“Ons ouers het daaraan geglo dat jy ‘iets’ agter jou naam moet hê, want van komedie kan jy mos nie geld maak nie. Ek het ’n sertifikaat in bemarking, ondersoekende joernalistiek en events management. Ek was ook ’n publiseerder by ’n media-onderneming,” vertel hy.

Vir hom is dit belangrik dat Kapenaars deur hul swaarkry moet lag. “Dis so belangrik, want ons lag nie genoeg nie. Waar ek ander jong komediante kan help, sal ek altyd beskikbaar wees, want in die meeste gevalle het hulle net daardie hupstootjie nodig.

“Ek is baie lief vir musiek, versamel musiek van verskillende genres en is ook ’n aanbieder op die gemeenskapsradio Bushradio in Soutrivier. Die radiostasie het by die Universiteit van Wes-Kaapland (destyds Bush-kollege) begin voordat dit hierheen verskuif het.” Hy tree ook as seremoniemeester op. Hy reël troues, konferensies, feeste, verjaardagpartytjies en ander vieringe as deel van sy eie sakeonderneming.

V Rig navrae aan hom per e-pos waynemckay1@gmail.com .

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.