Deel twee: Shaka Zulu se nalatenskap

2015-09-17 06:00
Shaka Zulu het die militere stelsel van sy mense herorganiseer in ooreen-stemming met idees wat hy gekry het as ‘n vegter in Dingiswayo se leer.
 FOto: verskaf

Shaka Zulu het die militere stelsel van sy mense herorganiseer in ooreen-stemming met idees wat hy gekry het as ‘n vegter in Dingiswayo se leer. FOto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS deel van Erfenismaand, het die Fever besluit om twee artikels te doen oor die man wat seker die grootste invloed gehad het op nie alleen die provinsie van KwaZulu-Natal se erfenis nie, maar ook op die hele Suider-Afrika, naamlik Shaka Zulu. Verlede week het ons gekyk na sy lewensgeskiedenis, en vandeesweek konsentreer ons op sy nalatenskap.

Soos verlede week genoem, het Shaka Zulu die militere stelsel van sy mense herorganiseer in ooreenstemming met idees wat hy gekry het as ‘n vegter in Dingiswayo se leer. Militere kenners is van mening dat hy ‘n briljante strateeg was, en dat hy onbewustelik van die beste Romeinse soort oorlogvoering en wapens “heruit- gevind” het.

Die assegaai: Syns insiens het die lang tradisionele gooi-spies min beteken in die man-teen-man gevegte wat hy vir sy impis in gedagte gehad het. Hy het opgelet krygers wat hul gooi-spiese by hulle hou en agter skilde tot by die vyand beweeg, die vyand vinnig uitwis. Hy het sy krygers bewapen met kort steek-spiese en lang, bree skilde. Hulle het met die skilde teen mekaar vorentoe beweeg en die vyand aan flarde gesteek van agter die beskermende falanks, netsoos die Romeine destyds gedoen het. Die regimente het in ‘n halfmaan-formaat in digte formasie en rye vorentoe beweeg, (die isifuba). Aan elke kant van die formasie was daar “horings” om die viand en na binne beweeg het. Wanneer daardie horings agter die vyand bymekaar gekom het, het die digte massa vegters vinniger vorentoe beweeg en almal doodgemaak wat nie deur die Zoeloe-linies kon breek nie. Dit was ‘n kliniese, effektiewe oorlogstaktiek.

• Dissipline: Hy het ‘n ysere militere dissipline gehandhaaf, en sy magte uitgebrei tot ‘n ongekende oorlogsmasjien. Shaka het sy soldate verbied om sandale te dra: hulle moes kaalvoet oor klipperige en doringagtige grond hardloop totdat hul voetsole hard genoeg en hulle buitengewoon beweeglik was. Hulle oorlogskreet was “Oorwinning of die dood”, en die krygers was betrokke by aaneenlopende militere kampanjes totdat hy besluit het wanneer hulle die reg verwerf het om die kopring van volwasse manlikheid, of die isicoco, te dra. Slegs dan is hulle ontslaan en toegelaat om te trou.

• Die manlike amabutho: Jong mans is weggeneem en by ander van alle seksies van sy koningkryk geplaas in ‘n geskikte amabutho, of ouderdomsregiment. Dit het ‘n sin van gemeenskaplikheid gekweek, elke amabutho het ‘n spesifieke naam gehad en was gekoppel aan een van die koninklike huishoudings, wat militere gemeenskappe geword maar nog hul tradisionele funksies behou het. Aan elke militere nedersetting is koninklike beeste toegewys, en dit was die jong mans se bron van vleis. Die velle is vir skilde gebruik, en elke amabutho het sy eie kleurskakering gehad.

• Die vroulike amabutho: Groepe vroue van die koninkryk is by die militere nedersettings geplaas, en is as beskermlinge van die koning georganiseer in die vroulike ekwivalente van die manlike amabutho’s. Hulle het seremoniele danse en kulturele vertonings gelewer. Wanneer een van die amabutho-regimente toestemming gegee is om te trou, is ‘n vroulike amabutho as bruide aan hulle gegee. Tot dan was enige seksuele kontak tussen die manlike en vroulike amabutho-lede streng verbode. Oortredings is met die dood gestraf.

• Die koninklike vroue: Elke nedersetting het ‘n seksie koninklike vroue gehad onder die leierskap van ‘n formidabele vrou, gewoonlik een van Shaka se tantes. Shaka wou glad nie ‘n wettige troon-opvolger voortbring nie, hy het nooit getrou nie, en vroue wat by hom swanger geraak het, is summier doodgemaak. Sy huishouding was dus nie gekenmerk deur huweliksmaats nie, maar streng, senior vroue van die koninklike familie. Tradisionele leiers van die verskillende opperhoof-groeperings het hul plaaslike administratiewe funksies behou, en wanneer ‘n amabutho uitmekaar gegaan het, kon die jong manne terugkeer na hul oorspronklike gemeenskap. Die identiteit van die verskillende opperhoof-groeperings het dus nie verlore gegaan nie, en het ‘n groot rol gespeel in die latere politieke gebeure in die Zoeloe-koningkryk.

• KwaBulawayo: Shaka se eerste hoofstad was op die oewers van die Mhodirivier in die Babanango-distrik. Hy het dit Kwabulawayo, die ‘Plek van die moord’ genoem. Namate sy koninkryk gegroei het, het hy ‘n groter Kwabulawayo van sowat 1 400 hutte in die Mhlatuze-vallei, sowat 27 kilometer van die huidige Eshowe af, gevestig.

• Ekonomiese en maatskaplike veranderinge: Shaka se verskillende beleidsrigtings het die Zoeloes laat groei tot ‘n welvarende nasie met ‘n ongekende trots.

• Gevolge van Shaka se oorloe: Sy oorloe tussen 1818 en 1828 het met ongekende menseslagtings gepaard gegaan en groot migrasies veroorsaak, self tot noord van die Zambesirivier. Omdat hulle Shaka gevrees het, het leiers soos Zwangendaba, Mzilikazi en Shoshangane noordwaarts die binneland in beweeg, en op hulle beurt dood en verwoesting gesaai voordat hulle hulle eie koninkryke gevestig het. Geskiedkundiges meen Shaka was tydens sy heerskappy verantwoordelik vir die dood van minstens ‘n miljoen mense.

• Eerste wit setlaars: Toe die eerste blanke setlaars in 1824 in Port Natal aangekom het, was Shaka in beheer van ‘n koningkryk wat die hele kuslyn beslaan het van die Pongolarivier af tot anderkant die Tugela. In dieselfde jaar het Henry Francis Fynn en Francis Farewell hom besoek, en in 1825 het Luitenant James King dieselfde gedoen. Hierna het hy die setlaars voorkeur-behandeling gegee. In 1826, om nader te wees aan Port Natal, het Shaka ‘n groot militere basis op Dukuza gebou. Hy was baie bewus van die voordele van handel met die setlaars, en het belang gestel in hul kultuur, tegnologiese kennis en manier van oorlogvoering. Toe Shaka se mense genoeg gehad het van sy wreedheid, is hy in 1828 deur sy lyfwag Mbopha en halfbroers Dingane en Mhlanga vermoor. Terwyl hy sterwend was, het hy na Dingane uitgeroep … “Haai broer, jy maak my dood omdat jy dink jy gaan regeer, maar die swaeltjies gaan dit doen.” Hy het verwys na die blankes wat hul huise van modder gebou het.

Dingane het hom opgevolg, maar hy was van toe af baie lugtig vir die blankes omdat hy Shaka se woorde nie vergeet het nie. Shaka se opvolgers Dingane, Mpande en Cetshwayo het gesorg dat die Zoelo-koningkryk ‘n reuse- invloed op die Suid-Afrikaanse geskiedenis gehad het, veral in hul botsings met die Voortrekkers en die Britse Ryk.

Bronne:

South African History Online Shaka Zulu

History of KwaZulu-Natal.

Hy het ‘n ysere militere dissipline gehandhaaf, en sy magte uitgebrei tot ‘n ongekende oorlogsmasjien

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.