Die ATKV – ‘n 85-jarige kultuur-organisasie, nog steeds relevant en onontbeerlik

2015-08-27 06:00
Dr Mike Heaney, ATKV-voorsitter in sy studeerkamer.
Foto: johanpretorius

Dr Mike Heaney, ATKV-voorsitter in sy studeerkamer. Foto: johanpretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIERDIE verslaggewer het besluit het om, as bydrae tot die Afrikaanse komponent van die South Coast Fever, ‘n berig te skryf oor wat status is van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging in die algemeen, en in die besonder hier by ons aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Ek het geweet die organisasie bestaan nog, en dat die ATKV steeds op kultuurvlak en in die sakewereld aktief is, maar eers na ‘n gesprek met die voorsitter van die Suidkustak, dr. Mike Heaney, behoorlik besef hoe bedrywig, relevant en strategies-geposisioneer die organisasie nog vandag is. Ook dat dit feitlik onmoontlik sou wees om reg aan die ATKV te laat geskied in ‘n berig van sowat 500 woorde. Maar kom ons probeer.

Dr Heaney, een van die leraars by die NG Gemeente Margate, het uitgewys dat die organisasie in 1930, grootliks deur Spoorwegwerkers, gestig is om die gebruik van Afrikaans in die werkplek te bevorder. Ook dat daar, soos destyds, weer groot kommer is oor die gebruik van Afrikaans in staatsdepartemente, dat die ATKV lankal nie meer die debatsvereniging van destyds is nie, maar een van die belangrikste kultuur-organisasies in die land wat, soos destyds, nie ‘n protesterende nie, maar ‘n bydraende rol speel. Dr Heaney het verwys na die stelling van die ATKV-groep se besturende direkteur, mnr. Japie Gouws, dat die organisasie deur al die jare strategies-geposisioneer en relevant gebly het, ten spyte daarvan dat die land en die kulturele landskap oor die afgelope agt dekades drasties verander het. “Die ATKV is vandag onontbeerlik, nie net in die Afrikaanse kultuurwereld nie, maar in die Suid-Afrikaanse konteks. Die ATKV se toerismebesigheid word nie meer gereken as ‘n privaatklub nie, maar ons sewe vakansie-oorde landwyd word gereken as ‘n toonaangewende rolspeler in die binnelandse toerismemark. Ons sakebedrywighede is ook uitgebrei na leefstyl-aftreebehuising en sake-nodes by ATKV-oorde. LAPA-uitgewers is een van die grootste Afrikaanse uitgewers in die land.”

Die hooffokus van die ATKV bly egter steeds taal en kultuur: die Afrikaanse­ fokus is inklusief met die klem op nasiebou en onderlinge begrip, en word uitgeleef met verskeie projekte waarby ‘n wye verskeidenheid Suid-Afrikaners betrokke is. Besteding aan kultuurprojekte het met 16,5% gestyg, benewens die 35 nasionale projekte wat 500 000 mense in die afgelope boekjaar bereik het, is die 316 takke landwyd aktief besig met die uitleef van die ATKV se visie en missie. Die organisasie het landwyd op die oomblik 70 000 lede.

Interessante sensus-statistiek toon dat daar tans sewe-miljoen Afrikaanse huistaalsprekers in die land is. Hiervan is 50% bruin, 40% wit, 9% swart en 1% Asier. Statistiek toon dat daar daagliks sowat 20 miljoen mense is wat Afrikaans praat.

Soos elders in die land, woel die plaaslike ATKV op verskeie vlakke. Ander lede van die bestuur is dr Jaap Steyn, me. Ronel Steyn, mnr. Gerhard Oosthuizen, mnr. Johan van Zyl en me. Annelise Coetzee. Hulle is reeds besig met die organisering van ‘n Afrikaanse glans-aand op 10 Oktober, in samewerking met Afriforum, wat sal bestaan uit ‘n volle vyfgang-ete, verskeie program-items, onder meer die sanger Frieda Eloff as gas-kunstenaar en ‘n kompetisie-trekking. Die koste is R400 per persoon, allesinsluitend. Benewens die glans-aand, is daar ook ‘n skole-redenaarskompetisie later in Oktober.

Mense wat meer inligting verlang, of ‘n ATKV-lid wil word, kan dr. Heaney kontak by 039 312 1028 of mikehe@telkomsa.net

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.