Die Karoomeisie wat hunker na haar geboorteplek

2015-09-03 06:00
Foto: johan pretorius
Luitenant-Kolonel Zandra Wiid.

Foto: johan pretorius Luitenant-Kolonel Zandra Wiid.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS moeilik om te glo dat hierdie mooi vrou agter haar lessenaar met die pragtige blonde hare en helder blou oe haar hele werkende lewe lank ‘n polisievrou is. En dat sy reeds 33 jaar diens in die polisiemag het.

Luitenant-Kolonel Zandra Wiid is baie bekend onder ons joernaliste, want sy is die polisiediens se korporatiewe kommunikasie-offisier in Port Shepstone. ‘n Deel van haar pligte is om seker te maak dat die media ingelig word oor nuuswaardige misdaadgebeure, maar ook aksies waarby die polisie betrokke is, interne kommunikasie en bv. inligtingsessies by skole. Sy is inderwaarheid amper 20 jaar reeds ‘n instelling hier aan die Suidkus.......in menige nuuskantoor is is dit ‘n gereelde opdrag aan verslaggewers: “Bel gou vir Zandra en vind uit wat gebeur het.” Of indien daar na inligting oor die een of ander misdaad gesoek word: “As Zandra nie daarvan weet nie, het dit heelwaarskynlik nie gebeur nie.”

Sy gesels lekker met haar kenmerkende ligte “bry”, wat kenmerkend is van die mense van haar geboortedorp, Oudtshoorn, waar sy en haar tweelingsuster Mariaan net meer as 50 jaar gelede as kinders van die egpaar Zwiegelaar gebore is. Die twee susters is van hul grootwordjare af baie na aan mekaar, het baie dinge saam gedoen, en was vir ‘n hele klompie jare saam hier aan die Suidkus voordat Mariaan, wat in die polisie se speurtak was, terug is George toe, waar die twee van hulle “grootgeraak” het, om naby hul ouers te wees, wat albei nou in hul sewentigerjare is. Die susters het in 1981 matriek geskryf, en in 1982 op George by die polisie aangesluit. Daar het hulle diens gedoen (Zandra was die eerste vroue-speurder op die dorp) totdat albei getroud is, en Mariaan na die destydse Suidwes-Afrika verplaas is saam met haar man wat in die Weermag gedien het.

“As bewys van hoe na aan mekaar ons as susters is … ons het op dieselfde dag gehoor ons is swanger. Ons kinders is op dieselfde dag, een uur uitmekaar, gebore, my eerste en haar tweede,” vertel sy. Nog ‘n insident wat toon hoe baie eenderse ervarings die susters gehad het, het begin toe Zandra, wat baie lief was vir langafstand-hardloop en fisiese oefening, ‘n pyn in haar rug begin voel het. Dit het erger geword, en die dokters kon nie agterkom wat presies verkeerd is nie. Totdat sy self inligting ingewin en terug na ‘n dokter toe is. Hy het toegegee sy het waarskynlik “groeisels” op ‘n spesifieke plek in haar rug. Net daarna het Mariaan ook gekla van ‘n pyn in die rug, Zandra het haar ingelig sy het waarskynlik ‘n soortgelyke probleem, ondersoek is ingestel, en was dit was toe so. Hulle is albei op dieselfde dag ge-opereer, en hul rugprobleme is weg.

Zandra het drie seuns, Baldo, Heinrich en Ulrich Hechter uit haar eerste huwelik. Baldo is ‘n bemarkingdeskundige, en die jonger twee het pas groot naam vir hulself in die bosbou-wêreld gemaak. Dis nie moeilik om te sien hoe trots sy op haar seuns is nie. Was dit moeilik om drie seuns groot te maak? “Nee wat … ek kan nie verstaan waarom mense so kla oor die gedrag van hul kinders nie. Ouers moet net tyd maak vir hul kinders. Met hulle praat en kommunikeer. Daar moet ‘n goeie basis van gesinswaardes en geloof wees, en wanneer dit nodig was, het ‘n bietjie lyfstraf geen skade gedoen nie. Die min tyd wat ek vir myself gehad het, het ek aan my kinders bestee.”

Hoe ontspan sy. Geniet sy haar werk? “Baie, maar as ek destyds die geleentheid gegun was, sou ek graag wou kwalifiseer as ‘n forensiese patoloog. Ek is lief vir lees, tuinmaak en koskook, is mal oor honed, en ek en my man, ook ‘n polisie-offisier, hou van stap. En een van die dae gaan ek ‘n hartewens vervul ... om Italie te besoek. My seuns en ek gaan Rome, Florence en Venisie toe. Ek kan nie wag nie.” Daardie blou oe blink sommer meer.

Die pad vorentoe? “Wanneer ek aftree, gaan ons terug na my ‘roots’ toe. George … dit kan nie gou genoeg wees nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.