Die opdrag

2015-09-17 06:00

HIERDIE storie kom uit Huisgenoot se bundel Lieg en lagstories van 2002

Op ‘n Saterdagoggend, diep in die Vrystaatse winter, besuit Abram de Wet hy het nou genoeg gehad van die onooglike ruine van ‘n ou postal wat reg langs sy nuwe spoghuis staan. Die ou huis het metterjare so verval dat dit net goed genoeg is vir ‘n voerskuur. Slange en rotte het die plek betrek en Abram is ‘n netjiese boer.

Synde ook ‘n goeie sakeman, besluit hy hy kan netsowel wins maak uit die sloping van die ou huis. “Maryna”, kondig hy die aand met slaaptyd aan, “kom ek en jy gaan bietjie vir ‘n paar dae Suidkus toe.” Maryna is vuur en vlam, en die Maandag bespreek hulle ‘n woonstel in Uvongo. Eers laat Abram die voer in die huis verwyder en vervang met droee mielieblare. Die dag voor hulle vertrek roep hy sy voorman kantoor toe.

“Petrus, ons ry more see toe en kom Dinsdagmiddag terug. Ek wil he jy moet mooi na die plaas kyk, maar ek het vir jou ‘n spesiale werkie om te doen.

“Hier is ‘n boksie vuurhoutjies. Nou Saterdag, wanneer ons weg is, dan vat jy hierdie vuurhoutjies en jy steek die spul mielieblare in die ou huis vir my aan die brand. En dan vat jy vir jou ‘n slagskaap en jy en jou familie kan dan Sondag lekker eet.”

Soos die toeval dit wil he, is dit die einde van die maand en Petrus kan die meevallertjie aanvul met ‘n klompie bier en ‘n bottel brandewyn. Saterdag net so na sonop slag hy vir hom ‘n skaap, en hy en sy mense begin feesvier soos in geen jare nie. Die aand raak party sommer daar om die uitgebrande vuur aan die slap, en Sondag bring Petrus deur met wat vir hom voel soos skedelbreuk.

Vroeg dieselfde Sondag lui Manie Smit se foon op die De Wets se tuisdorp. Hy is die ko-operasie se versekeringsbestuurder. Dis Abram de Wet uit Uvongo.

“Ek is jammer om jou op ‘n Sondag te pla, maar ek kry nou net ‘n onsamehangende boodskap hier dat daar die een of ander brand op my plaas was laas nag. Sal jy nie net asseblief gaan kyk nie?” Dis nou voordat daar selfone was.

Manie voel min lus om dit te doen, maar Abram is ‘n ryk boer en ‘n goeie klient wat ‘n groot premie betaal. Manie bly toe maar uit die kerk en ry plaas toe. Daar gekom, kry hy geen fout nie, behalwe dat die personeel onkapabel is van die vorige nag se plesier. Maandagoggend klaar Petrus se verstand op, en dit val hom soos ‘n donderslag by hy het glad nie sy deel van die ooreenkoms nagekom nie. Hy wag tot almal die aand in die bed is voordat hy suutjies uitsluip, vuurhoutjies in die hand. As ‘n man van eer voer hy Abram se opdrag uit en gaan klim met ‘n skoon gewete agter sy vrou se rug in. ‘n Opdrag is ‘n opdrag

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.