Laat jou geluk niemand se gyselaar word nie

2015-10-22 06:00

SIT ek vanoggend in die flou sonnetjie en uitkyk oor die wingerde en kry daardie behaaglike gevoel oor my. Dis lekker hier, ek is op ‘n plek in my lewe waar ek tevrede is. Alles is nie perfek nie, maar die lewe is nooit perfek nie. Daar is maar elke nou en dan berge en dale en so tussen-in die gelyktes, waar als mooi hardloop. Maar my glas is ver verby halfvol.

Dit was nie altyd so nie. Daar was lang jare wat ek toegelaat het dat ‘n ander mens my geluk gyselaar hou. Oggende wat ek wakker geword het en eers die temperatuur van ‘n ander se bui moes meet voor ek kon weet of die dag vir my goed of sleg gaan wees. Wat ek ‘n losprys vir vrede moes betaal deur myself te skik na ‘n ander se emosionele wipplank.

Dit was niemand se skuld nie, net my eie. Omdat ek iewers langs my lewenspad my eiewaarde verloor het. Omdat enige iets beter was as om alleen te wees. Hoe dom kan ‘n mens wees? Tot op ‘n dag.

Op ‘n dag het ek my lewe teruggevat, het ek my lag teruggevat, het ek my lewensvreugde teruggevat. Het ek weer die ek van my kinderdae geword. Vol verwondering oor die ding wat ons die lewe noem, vol lag en pret en lekkerte om net elke dag die dag te sien breek. Alleen. Dit was nie die nagmerrie wat ek gevrees het nie, inteendeel. Dit was soos bevryding uit ‘n jarelange gevangeneskap.

Natuurlik was elke dag nie sonskyn en rose nie, maar mens veg jou daaglikse demone makliker as jy nie nog ‘n ander se demone ook op jou skouers dra nie. Miskien klink dit selfsugtig, maar ek kan nie en wil nie meer ‘n ander mens se swart hond probeer voed nie. Laat elkeen sy eie duiwels besweer en hou joune van my skouers af.

Alleen is nie meer vir my ‘n vloekwoord nie. Ek is nie meer altyd alleen nie, maar ek sal nooit weer toelaat dat enigiemand my vreugde gevange hou nie. En vir elke persoon daar buite wie se geluk gyselaar gehou word deur ‘n maat se buie, vat jou lewe terug, vat jou lag terug, sonder omkoopgeld. Dis jou reg. Die ironie is dat die emosionele afperser sal ophou die oomblik as jyself die streep trek en sê; “Basta! Besweer jou eie duiwels en los my lag uit.”

Op die einde van elke dag lê elkeen se geluk in sy eie hande. Eers as mens alleen gelukkig is, kan jy saam met iemand anders gelukkig wees. Miskien “pop psychology”, maar so waar soos môre heeldag.

- Kouevuur Internet blog

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.