Margate se AfriForumtak gaan met rasseskrede vooruit

2015-08-27 06:01

ALLE Suid-Afrikaners, veral Afrikaanssprekendes, weet teen hierdie tyd van AfriForum. Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie wat die Regering en verwante instansies op hul tone hou, en in die proses nie net groot welslae met hofsake behaal het nie, maar ‘n groot aanhang opgebou en ‘n boodskap aan die regerende gesag uitgestuur het: moenie met ons burgerregte lol nie. AfriForum is einde 2005 deur die vakbondbeweging Solidariteit begin met ‘n versoek dat mense van minderheidsgroepe bydra tot ‘n manifes, soortgelyk aan die ANC se Vryheidsmanifes. Die reaksie was oorweldigend, die organisasie se Burgerregtemanifes het die lig gesien, en is vandag ‘n dokument wat groot gewig dra..

Die opstellers van die manifes verklaar ter inleiding dat minderhede soos Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes, hul toenemend aan openbare debat en aksies begin onttrek het. Sommige het na binne “geemigreer” deur in Suid-Afrika te bly, maar slegs op hul ekonomiese oorlewing gefokus, en hulself geestelik afsonder van die gemeenskappe waarin hulle lewe. Dit beteken dat hulle inderwaarheid hul openbare stem verloor het. Die manifes lui ‘‘n afwesige of onhoorbare stem word natuurlik doodeenvoudig in besluitnemingsprosesse geignoreer”, dis juis dit wat AfriForum wil verander. Daar is heelwat meer relevante inligting oor Afriforum in die burgerregtemanifes, maar wat weens ruimtebeperkings nie hier weergegee kan word nie. Opsommend kan gese word dat AfriForum nou and#039;n swaargewig-organisasie is wat saakmaak en regoor die land saam met Solidariteit meer as 350 000 lede het.

Een van die takke wat redelik onlangs gestig is, die Margate-tak, se ledetal groei steeds. Dit is nie verkeerd nie om te se dat die tak in die eerste paar jaar na sy stigting, nie veel uitgerig het nie. Dit was bloot ‘n irritasie vir die diensleweraars. Die situasie het sedertdien drasties verander onder die voorsitterskap van die man met die geskiedkundige Voortrekkernaam, Marthinus Wessel Pretorius, of soos almal hom ken, die rekenaarsakeman van Ramsgate, Wessel Pretorius.

In ‘n gesprek met hom kom jy gou agter Wessel is passievol oor AfriForum, en die organisasie se plig om veral swak dienslewering deur die twee munisipaliteite en ander instansies in ons omgewing te verbeter. In antwoord op ‘n vanselfsprekende vraag verklaar Wessel dat AfriForum geen politieke agendas het nie, en hoewel dit Afrikaanssprekende belange en die taal bevorder, mense wat hul met die grondwet van die organisasie vereenselwig, ongeag hul politieke sienswyses velkleur of godsdiens-oortuigings, welkom is om aan te sluit. “Om die waarheid te sê, ons het reeds heelwat Indier- en Swart lede, benewens die Afrikaanssprekendes, en ons ledetal groei steeds.’

Wessel beklemtoon dit dat AfriForum Margate ‘n doelgerigte poging aanwend om dienslewering aan die Suidkus te verbeter. Hy en sy bestuur skakel gereeld met die topbestuur van sowel die Hibiskuskus- as die Ugu-munisipaliteit, en het goeie verhoudings met die munisipale bestuurders. Nietemin, AfriForum pas deurentyd op verskeie maniere en op elke denkbare manier druk toe... ‘en ons sal dit doelgerig en meedoenloos volhou totdat ons resultate kry.’ Wessel is beslis: “Die skrif is aan die muur dat die ANC-regering nie suksesvol kan regeer nie, en dat Afriforum gemeenskappe sal bystaan met ‘selfdoen-aksies’. Indien die aksies in die hof beland, eis ons die geld terug van die munisipaliteite.” AfriForum werk ook nou saam met die Suid-Afrikaanse polisie en buurtwagte.

Wessel spreek sy dank uit aan Afriforum se streekko-ordineerder, Chris Fourie, wat ‘n groot rol in die tak se welslae gespeel het. Die ander bestuurslede van Afriforum Margate is die onder-voorsitter Gerhardus Oosthuizen, sekretaris Willie Maree, Penningmeester Caron Smith, portefeuljebestuurder van kultuursake, Dr. Mike Heaney, en portefeuljebestuurder van sekuriteit en veiligheid, Jaco Jansen van Vuuren.

Mense wat belangstel om by AfriForum aan te sluit, kan ‘n e-pos stuur aan margate@afriforum.co.za

Wessel se telefoonnommer is 082 318 6195.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.