‘Mnr Margate’ het baie diep spore aan die Suidkus getrap

2015-08-13 06:00
Foto: johan pretorius
Johnny de Wet, die man wat oor meer as 50 jaar op die Suidkus ‘n reuse-bydrae op vele gebiede gelewer het, in sy kantoor in die munisipale gebou in Port Shepstone.

Foto: johan pretorius Johnny de Wet, die man wat oor meer as 50 jaar op die Suidkus ‘n reuse-bydrae op vele gebiede gelewer het, in sy kantoor in die munisipale gebou in Port Shepstone.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN elke gemeenskap is daar ‘n mens of mense wat oor baie jare besonderse bydraes lewer tot die vooruitgang en ontwikkeling van daardie gemeenskap. Ook hier aan die Hibiskuskus is daar verskeie individue van alle bevolkingsgroepe wat in hul onderskeie gemeenskappe reusewerk gedoen het om die lot van hul eie mense en ander te verbeter. Maar as ‘n mens na die “scoreboard” kyk, staan raadsheer Johnny de Wet kop en skouers bo die ander uit.

De Wet is op die oomblik in sy tweede termyn as onder-burgemeester van die Hibiskuskus-munisipaliteit. Hy is reeds oor die 70 jaar oud, maar nog op-en-wakker en gesond, geesdriftig oor sy politieke en ander pligte, en trots op sy bydrae om die lot van veral die minder-gegoede inwoners van die gebied te verbeter. Sy curriculum vitae is, om die minste te se, indrukwekkend, en namate hierdie verslaggewer daarin kon slaag om die besonderhede van sy aktiwiteite oor die jare uit hom te kry, was dit duidelik dat bitter min mense hom dit sou kon nadoen.

Hy het as jong man in 1964 na sy pa se dood uit Gauteng kus toe gekom om sy ma te help met die bestuur van ‘n woonwapark, wat uiteindelik die familiebesigheid geword het, en enkele jare gelede verkoop is. Hy is reeds 50 jaar getroud met Annatjie, wat nog haar eie vakansie-verhuringsbesigheid bedryf. Uit die huwelik is twee dogters gebore wat nou in die Kaap woon, en die De Wets is die trotse grootouers van sewe kleinkinders. De Wet is sedert 1974 ‘n raadslid. Hy was in 1993 en 1994 Parlementslid vir die Suidkus onder die vaandel van die destydse Nasionale Party, en van 1996 tot 1999 ‘n proporsioneel-aangewysde Parlementslid. In 1988 het hy burgemeester van Margate geword, ‘n amp wat hy vier jaar lank beklee het. In 1990, het hy die ere-titel van “raadsheer” (Alderman) ontvang vir sy jare en gehalte diens aan die gemeenskap. Hy was onder meer die voorsitter van verskeie munisipale komitees, en het in verskeie verwante liggame gedien. Met die plaaslike verkiesings in 2000, het hy ‘n wyks-raadslid geword. Daarbenewens, was hy betrokke by verskeie eiendomsontwikkelings aan die Suidkus.

Met die ontbinding van die Nasionale Party na ‘n kortstondige “huwelik” met die destydse Demokratiese Party, het ‘n groot aantal van die NP-ondersteuners hulle gewig by die nuutgestigte Demokratiese Alliansie ingegooi, maar De Wet en enkele ander het by die ANC aangesluit, ‘n stap waarvoor baie kennisse hom kwalik geneem het.

Waarom het hy hierdie besluit geneem? Is hy nie spyt nie? “Was nog nooit nie. As ek toe geweet het wat ek nou weet, het ek dieselfde gedoen. Eenvoudig omdat ons in die Regering van Nasionale Eenheid in die negentigerjare reeds met die ANC saamgewerk het. Ek glo in samewerkingspolitiek pleks van konfrontasie. Op plaaslike bestuursvlak werk ek goed saam met ANC-kollegas, het baie vriende gemaak, en oor die jare het ek baie meer bereik deur deel te wees van die besluitnemingsprosesse om ‘n verskil te maak aan mense se lewens.” Hy is die voorsitter van die munisipaliteit se finansiele portefeulekomitee, en was ook verskeie jare ‘n proporsioneel-verkose lid van die Ugu-distriksmunisipaliteit se raad.

In antwoord op die onvermydelike vraag of hy met aanstaande jaar se munisipale verkiesing gaan uittree, antwoord hy dadelik dat hy nog nie besluit het nie. “Ek moet dit nog versigtig oorweeg. Waarmee gaan ek myself besig hou as alles wat ek nou doen, skielik wegval? Maar aan die ander kant, ’n mens kan nie vir ewig aanhou nie. Ek sal alle faktore mooi bekyk en dan besluit.”

O ja ... en wat nog nie genoem is nie, is dat De Wet, behalwe sy politieke bedrywighede, 25 jaar in die uitvoerende komitee van die Margate Chamber of Commerce en ook ‘n stigterslid van die Afrikaanse Sakekamer was. Hy is reeds 25 jaar lank diaken en hoof-diaken (etlike jare) van die NG Gemeentes, aanvanklik Port Shepstone en later Margate, wat afgestig het. Daarbewens was hy ‘n Rapportryerslid, asook deel van verskeie inisiatiewe om Afrikaanssprekendes se kultuur te bevorder. Hy is ook reeds etlike jare betrokke by die bestuur van die Margate-buiteklub en die Douglas Mitchell-sportklub. De Wet speel gholf wanneer hy kan, en staan bankvas agter die Sharks.

‘n Meer aangename, beskeie en egalige individu sal ‘n mens nie maklik raakloop nie. Maar ‘n ware “heavyweight”. Dit was ‘n plesier om met hom ‘n onderhoud te voer.

Maar as ‘n mens na die “scoreboard” kyk, staan raadsheer Johnny de Wet kop en skouers bo die ander uit. De Wet is op die oomblik in sy tweede termyn as onder-burgemeester van die Hibiskuskus-munisipaliteit. Hy is reeds oor die 70 jaar oud, maar nog op-en-wakker en gesond

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.