Nuwe AHI wil betrokke raak

2015-08-06 06:01
Marian Pieterse (sekretaresse), Anton van Riet (voorsitter) en Hilton O’Dwyer (onder-voorsitter), die drietal wat die dryfkrag is agter die Laer Suidkustak van die Afrikaanse Handelsinstituut.

Marian Pieterse (sekretaresse), Anton van Riet (voorsitter) en Hilton O’Dwyer (onder-voorsitter), die drietal wat die dryfkrag is agter die Laer Suidkustak van die Afrikaanse Handelsinstituut.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE onlangs-gestigte Laer Suidkustak van die Afrikaanse Handelsinstituut het tot stand gekom omdat daar ‘n duidelike behoefte is vir die herlewing van die organisasie wat voorheen hier bestaan het, maar doodgeloop het. Die uitgangspunt was dat verskillende gemeenskappe verskillende belange het, en dat daar ‘n groot behoefte bestaan vir ‘n organisasie vir Afrikaanssprekende sakemanne hier aan die Suidkus. Dit beteken nie dat anderstaliges wat belangstel uitgesluit sal word nie. Inteendeel, hulle is ook welkom.

Die leuse van die nuwe liggaam is: “Ons doen dit, want ons kan.” Die organiseerders wys daarop dat Suidkus-sakelui belange het in instansies soos skole, kerke, sportliggame en gemeenskap-organisasies. Die sake- kamer­ bied dus ‘n sentrale punt waarvandaan beplanning en ondersteuning in samewerking met bogenoemde kan geskied. Die sakekamer hou maandeliks ‘n openbare vergadering wat oop is vir die publiek. By hierdie geleenthede word formele terugvoering gegee van sakekamer-bedrywighede en daar word informeel gekuier om onderlinge verhoudings uit te bou.

Die AHI-tak word erken deur die volgende organisasies - South Coast Chamber of Commerce and Industry, Ugu South Coast Tourism, Nafcoc, Port Shepstone Business Forum, BNI, Margate Business Chamber, Scottburgh Business Chamber en die Hibberdene Business Chamber.

Die Fever het gaan kuier by drie van die mense wat die dryfkrag is agter die herlewing van die AHI … Anton van Riet, die voorsitter, Hilton O’Dwyer, onder-voorsitter, en Marian Pieterse, die sekretaresse. Wanneer die drie oor die nuwe “baba” praat, is dit met entoesiasme en gefokusde doelgerigtheid. Hulle beklemtoon daar is ‘n gesonde belangstelling van voornemende lede, en daar is reeds sowat 20.

Van Riet verklaar die huidige bestuur is oortuig daarvan daar bestaan ‘n besliste behoefte vir die organisasie, veral onder Afrikaanssprekende sakemanne, waarvan daar baie in die omgewing is, om onder die AHI-sambreel bymekaar te kom, gemeenskaplike belange te identifiseer, te bevorder, maar veral om sosiaal te verkeer en te “netwerk”. Die klem sal wees op informele skakeling om mekaar se belange te bevorder.

Sal die “Afrikaanse” in die titel nie ‘n problem in ‘n post-1994-samelewing wees nie? En sal die persepsie nie bestaan dat die organisasie hom net vir Afrikanerbelange beywer nie? “Glad en geheel nie,” verduidelik Hilton. “Mense wat nie Afrikaanssprekend is baie welkom om aan te sluit. “Ons baklei met niemand nie, en fokus op die positiewe. Ons het absoluut geen partypolitieke agenda of motiewe nie.”

Marian, wat, soos die ander twee, reeds diep spore hier aan die Suidkus getrap het, veral as prokureur, beaam bofenoemde, en wys daarop die AHI is ‘n nasionale organisasie­ vir georganiseerde besigheid met die klem onder meer op klein- en medium sakepersone met hulp vir opleiding, finansierings-advies, arbeidsake en netwerk-geleenthede. Daar is meer as 10 sakekamers regoor Suid-Afrika.

Mense wat belangstel om aan te sluit, kan met die AHI kommunikeer by die volgende e-posadres ahi.lsuid@gmail.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.