Op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie

2015-11-04 06:00

Stiltetyd

PHILIP Yancey verwys in sy boek Reaching for the invisible God dat gelowiges soms met groot bravade hul geloof bely. Hy verwys na ‘n ou Skotse refrein waar die woorde omtrent so lui: “Cheer up, ye saints of God. There is nothing to worry about. Nothing to make you doubt.” Hy sê dat hy gehou het daarvan hoe die sangers hulle “r’e” op ‘n eg Skotse manier kon rol. As hy egter vandag na die woorde kyk, wonder hy of die skrywers dieselfde Bybel as hy gelees het. Inderdaad. Wanneer ons as gelowiges aan ons eie situasie dink, beleef ons nie net mooi sonskyndae nie. Ons beleef soms wat Paulus, die Bybelskrywer van Klein-Asië tweeduisend jaar gelede beleef het. Hy het teenslae beleef, hy het nie altyd presies geweet wat om volgende te doen in uitdagende situasies nie. Hy was soms letterlik en figuurlik ten die grond, lippe teen die klippe. (Sien 2 Korintiërs 4)

Soms is die grootste hindernisse vir mense om te glo, juis arrogante en moedswillige gelowiges. Dit kan elkeen van ons wees. Ons deel net met ander die bergkruin-momente in ons geloofslewens. Ons vertel hulle nie van hoe ons platgeslaan in die dieptes weer deur God opgetel is nie. Ons is nie eerlik daaroor dat ons soms so raadop kan raak oor situasies dat ons nie weet hoe nou verder nie. Tog herinner Paulus ons juis aan sy eie worsteling om die geloof te behou. Genadiglik herinner hy ons ook aan hoe God hom altyd weer aan die hoop gehou het. God is daar as jy op die grond neergegooi is. Hy bewaar jou van vernietiging. Moet nie moed verloor nie, al voel jy of jy totaal alleen staan. God is by jou, langs jou en bo jou. Moet nie ophou droom nie. Moet nie ophou hoop nie.

Daar was ‘n kolonie wurms in ‘n moeras. Af en toe het ‘n wurm die drang gevoel om met ‘n riet na bo te klim. Dan verdwyn hy en kom nooit weer terug nie. Al die wurms het gewonder hoe dit daar bo lyk. Hulle beraadslaag en vertel toe dat die volgende een wat na bo klim sal terugkom en vertel. Kort daarna is ‘n wurm weer uit na bo. Bo gekom kry hy ‘n lekker kolletjie waar hy kan opkrul en slaap. Terwyl hy lê en slaap val sy dop af en verander hy in die mooiste naaldekoker. Hy sprei sy vlerke en onthou sy belofte om terug te keer na die ander wurms. Hy besef toe hulle sal hom nie herken nie. Maar een ding weet hy: hulle sal elkeen na bo klim en hierdie heerlikheid belewe. God het jou nie vergeet nie. Hou moed. Jy is dalk nou op die grond neergegooi, maar jy is nie vernietig nie. God is nog nie klaar met jou nie. Die beste lê nog voor. Kom ons deel eerlik ons laagtepunte, maar ook hoe God ons in Christus daardeur gelei het. So bemoedig ons mekaar. Christus is immers deur Getsemane en Golgota na die regterhand van Sy Vader gelei.

Hy verwys na ‘n ou Skotse refrein waar die woorde omtrent so lui: “Cheer up, ye saints of God. There is nothing to worry about. Nothing to make you doubt”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.