Seerkry en vergifnis

2015-10-22 06:00

Stiltetyd

VAN tyd tot tyd word ons blootgestel aan hofsake in die media wat die publiek aan die praat het. Dikwels is dit oor hartseer-gebeure wat mense diep geraak het. Iemand is dood, iemand is mishandel, iemand het diep seergekry.

Jy hoor dan dat die slagoffer of die familie van die slagoffer dikwels sê: “Ek sal nooit kan vergewe nie.” Ja, wanneer mens seergekry het in die lewe wil jy nie gesprekke hoor oor vergifnis nie. Jy voel die wond te diep. Soms is dit nodig om eers gesond te word en mense kans te gee om te rou. Hierdie gedagte vandag is ook nie bedoel om die onreg en kwaad van hierdie wêreld weg te praat nie. Ja, geregtigheid moet sy loop neem.

Dit is inderdaad moeilik om te vergewe. Ons kry nie net seer in geweldsmisdade nie. Ons maak mekaar elke dag seer. Die splinters van ander se onnadenkende optredes en opmerkings steek soms diep in ons harte. Soms voel ons die kostes wat afgeskryf met word, is te groot en die prys wat ons moet betaal te hoog.

Ons ken die apostel Petrus se worsteling met vergifnis as Hy in Matteus 18 vir Jesus vra hoeveel keer hy sy broer moet vergewe. Petrus was gemaklik met sewe keer. Jesus sê dat ons sewentig maal sewe moet vergewe.

Ja, vergifnis beteken nie dat ek wat ander aan my gedoen het goedpraat of die reg nie sy loop laat neem nie. Dit beteken net dat ek vry word, van die kettings wat my aan die ander gebind het.

Hy of sy skuld my nie meer nie.

Ek het daardie persoon oorgegee aan God, die Een aan wie die wraak toekom. Onthou net, na watter kant toe die pyn ookal lê, of ek iemand seergemaak het of hulle vir my, vergifnis kom altyd teen ‘n prys. Dit het Jesus Christus Sy lewe op Golgota gekos. Hy moes skuld afskryf wat onbetaalbaar hoog is. Bring jou pyn na die gewonde geneser van Golgota

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.