Shaka Zulu deel een: ‘n briljante maar gevreesde en gehate tiran

2015-09-10 06:00
Shaka Zulu.

Shaka Zulu.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OM Feverlesers se geheues te verfris oor die geskiedenis van KwaZulu-Natal, val die kollig op die man wat seker die grootste invloed gehad het op die huidige bevolking-samestelling en – verspreiding, nie alleen in hierdie provinsie nie, maar ook elders in Suider-Afrika. Hy word erken as die “vader” van die huidige Zoeloenasie. Vandeesweek kyk ons na die kerngebeure in sy lewe in die eerste van twee artikels oor sy invloed op die erfenis van ons provinsie.

Shaka Zulu se hele lewensgeskiedenis was deurspek van geweld, manipulasie, na-ywer en ‘n feitlik patologiese hunkering na mag. Geskiedkundige bronne oor sy lewe stem saam dat hy ‘n uiters intelligente mens was, groot en fisies sterk, en dat sowel die omstandighede waarin hy gebore is en grootgeword het, as die spesiale verhouding met sy ma, ‘n deurslaggewende rol gespeel het in sy gewelddadige lewe.

Shaka is in 1787 gebore. Sy pa was die leier van die destydse Zoeloestam, Senzanghakhona, (“Hy wat dink voordat hy doen”) en sy ma Nandi (“Die dierbare een”). Shaka het sy naam gekry omdat daar onder meer aanvanklik gedink is Nandi se maag is opgeswel agv. ‘n ingewands-kewer, bekend by die destydse tradisionele genesers as die iShaka. Die belangrikste oorweging was egter die feit dat hy gebore is voordat Nandi erken is as die nuwe opperhoof se vrou, waarskynlik omdat hulle nie volgens stamreels getroud was nie. Hoewel sy vader se eersgeborene, is hy nie erken as Senzanghakhona se opvolger nie. Sy probleme het dus reeds met sy geboorte begin, en die jong Shaka moes letterlik veg vir feitlik alles wat hy later bereik het.

Vir die geskiedkundige konteks is dit belangrik om te onthou dat Shaka gebore is in maar net een van die talle Ngunistamme wat hulle in die noordelike deel van die provinsie gevestig het na ‘n migrasie Suidwaarts van ‘n groot groep mense onder leierskap van ’n man met die naam Nguni. In die proses het hulle in aanraking gekom met San-stamme, wat volgens taalkenners die oorsaak is van die “tong-klap” klank vandag not teenwoordig in die Nguni-tale. Die Ngunis het bestaan uit ‘n noordelike groep (die Zoeloes, die Swazis en Ndebeles), en die suidelike groep (die Xhosas, Pondos en Thembus).

Senzangakhona het Nandi mettertyd as sy derde vrou aangewys. Shaka het die eerste deel van sy lewe deurgebring op sy pa se esiKlebeni-huishouding, maar moes uiteindelik saam met Nandi na die Mhlathuze-vallei en die Langeni-stam vlug toe die verhouding tussen haar en Shaka se pa versuur het. Hier het die jong man vaderloos grootgeword, en moes hy die hoon en spot van die jong Langeni-seuns verduur. In daardie stadium was daar twee sterk Ngunigroepe: die Mthethwa van Dingiswayo, en die Ndwandwe gelei deur die wrede Zwide. Omstreeks 1802 is Shaka na die Mthethwa-stam geneem, waar hy en Nandi by haar tante gebly het. Hy het dus grootgeword in die koningshuis van Dingiswayo, wat hulle vriendelik ontvang het. Ook hier is Shaka verkleineer, die keer deur die Mthethwa-seuns.

Hy het fisies baie sterk grootgeword, en sy intelligensie, vernuf en waagmoed het hom die meerdere van die seuns van sy ouderdomsgroep gemaak.

Weens die kombinasie van sy negatiewe lewenservarings en fisieke superioriteit, het Shaka baie vinnig ‘n ongekende strewe na mag ontwikkel. Toe hy sowat 23 jaar oud was, is hy in een van die Mthethwa-stamme se geveggroepe opgeneem, waar hy groot tevredenheid ervaar het. Hy het kameraadskap gehad, en op die slagveld was hy vreesloos en onoorwinlik. Hy het gou een van Dingiswayo se voorste bevelvoerders geword, en is herdoop na Nodumehlezi (“Die een wat die aarde skud wanneer hy gaan sit”). Hy het homself verdiep in oorlogstrategie en – taktiek, en militarisme het deel van sy lewe geword.

Toe Shaka se pa in 1816 oorlede is, het Dingiswayo Shaka gehelp om Dingiswayo se ouer broer Sigujana te vermoor, en homself as ‘n opperhoof van die Zoeloes te verklaar, hoewel hy ondergeskik aan Dingiswayo gebly het. Shaka is toegelaat om die buurgroepe, insluitend die Buthelezi- en Langeni-stam van sy jeugjare, te oorwin en in te lyf. Volgens die dagboek van Henry Francis Fynn was Dingiswayo se dood in 1818 te wyte aan Shaka se verraad deur te laat by ‘n slagveld op te daag. Zwide het Dingiswayo vermoor, die leierlose Mthethwa-stam is oorweldig, Shaka het homself onmiddellik as leier verklaar, nog stamme oorwin en in een, nuwe koningkryk ingelyf.

Zwide van die Ndwandes het besluit om sy nuwe teenstander aan te val, maar is deur Shaka met sy slim militere taktiek verpletter. Hy het die alleenheerser van die Zoeloes geword, en het alhoe meer despoties en wreder opgetree. Tydens sy koningskap was daar geen spanning tussen die Zoeloes en blanke setlaars van Port Natal nie, was daar gereelde kontak tussen hulle. Henry Fynn, wat hom goed geken het, het hom bestempel as hoogs-intelligent, somtyds gemoedelik en selfs vrygewig. Shaka was egter ‘n wrede tiran: toe sy ma Nandi in 1827 oorlede is, is talle Zoeloes doogemaak omdat hulle ‘nie hartseer genoeg was nie’, en is sy impi’s uitgestuur om die omliggende stamme te dwing om te treur. Op 22 September, 1828 het sy lyfwag Mpopha, en sy half-broers Dingane en Mhlanga hom by Dukuza oorval en doodgesteek.

Met sy dood het hy die geskiedenis van die provinsie Natal reeds so beinvloed dat groot gebeure mekaar vinnig sou opvolg. Aanstaande week kyk ons na sy nalatenskap.

Bronne:

South African History Online

History of KwaZulu-Natal

Hy word erken as die “vader” van die huidige Zoeloenasie. Vandeesweek kyk ons na die kerngebeure in sy lewe in die eerste van twee artikels oor sy invloed op die erfenis van ons provinsie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.