Sprinkane se visie

2015-10-15 06:00

Stiltetyd

MENSE lê soms nagte wakker oor wat moontlik in die toekoms met hulle kan gebeur. Hulle gaan haal die bobbejaan agter die berg en maak van molshope berge. Sulke mense verloor nog voordat hulle begin het. As iemand sy mond oopmaak verwag hulle al klaar die slegte nuus. In Numeri 13: 33 kry ons die woorde van mense wat bang is vir die toekoms. Hierdie mense is gelowiges (twaalf verkenners) uit die Ou Testament. Hulle ontvang opdrag om ‘n onbekende en nuwe land te gaan verken. Daar sien hulle reuse en allerhande ander uitdagings. Hulle keer toe terug na hulle opdraggewer en vertel vir hom wat hulle gesien het.

Hierdie mense is aan dieselfde situasie blootgestel. Hulle sien dieselfde dinge. Tog interpreteer hulle die situasie anders. Die een groeprapporteer: “Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë.” Toe hulle hulself sien as sprinkane begin hulle ook so op te tree, soos verloorders. Die ander groep verkenners sien ook die reuse, maar hulle sien die moontlikhede. Hulle sien God. Hulle onthou God en Sy beloftes. Hulle onthou wie hulle Opdraggewer is.

Ai, hoe voel ons as gelowiges nie oor hierdie land met sy baie uitdagings nie! Glo ons dat ons deur die Here geroep is om hier Sy ligdraers te wees? Glo ons dat Hy elke dag by ons is? Glo ons dat Hy ons Leidsman en Opdraggewer is? Ja, dit neem nie die reuse uit die pad uit nie. Dit maak egter dat ons nie angsbevange oor die toekoms is nie, maar gelowig, positief, elke uitdaging voor ons in die Naam van die Here Jesus Christus aanpak. Ons let op die mag van die Gekruisigde, en sien deur Sy oë. Ons is sprinkane voor God, maar op God se skouers is ons reuse. Jesus Christus is ons Leidsman

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.