Wouter se Watergat

2015-08-06 06:00

GOEIE dag, al jul gereelde Feverlesers. Dit gee ons groot plesier om die Watergat te heropen. Nie almal sal weet nie, maar so 18 maande gelede het ons die vorige Watergat-kuierplek gesluit weens ‘n huur-dispuut met die eienaar van ons gebou. Sy prokureur het ‘n vinniger snellervinger gehad as ons, maar na ‘n jaar het ons die stryd gewen. Die afgelope ses maande het ‘n goeie kennis van ons die kuierplek van hoek tot kant “opgedollie”, en ons is van 1 Augustus af weer oop vir besigheid. Spik-splinternuut.

En was ons nie besig nie! Namate ons ou klante gehoor het die Watergatspan is terug, het hulle kom groet, en sedert Saterdag hardloop ons rond, veral hier van vieruur die middag af, om voor te bly. Gelukkig is ons twee kombuiskokke, wat nog steeds die lekkerste hamburgers en stokvis aan die kus maak, terug by ons. Ons het ‘n nuwe kroegman bygekry …Basjan Badenhorst … eintlik reeds afgetree. Hy was in die ou dae by die Staatsgastehuis in Pretoria, maar omdat hy ‘n mens-mens is, verduidelik hy, kan hy nie by die huis sit nie. Oom Pottie is gelukkig nog steeds in die land van die lewendes. Hy vat-vat so aan die tagtig, gelukkig nog met goeie gesondheid. Hy kon die daaglikse verveling by sy dogter se huis in Germiston nie meer verduur nie. Veral in die dag wanneer net hy en die keffertjie by die huis was. Hy bly nou by vroulief Willemien en ek in ons tuin-woonstel, is ‘n groter Leeu-ondersteuner as voorheen, indien so-iets hoegenaamd moontlik is, ry nog steeds sy 1984-sessilinder-Toyota Cressida (wat almal by hom wil koop en sommige Suid-Afrikaanse broers van ons by hom wil steel omdat die voertuig so vlekkeloos is), en is weer die Watergat se faktotum. Hy se dis die ‘fancy’ Romeinse woord vir ‘n skiewie.

Hoewel ons sedert 1 Augustus oop is, het daar nog nie veel buitengewoon gebeur om oor verslag te doen nie. Behalwe dat dit van nou af bitter moeilik gaan wees om die politiek te vermy, soos ons in die verlede gedoen het. Die gatvolgeit oor sake soos Nkandla is net te veel.

Dis allerwee bekend dat ‘n kroegman weens die aard van sy werk baie te wete kom oor die privaatlewens van mense, sonder dat die mense self dit besef. Woensdagaand het dit weer met my gebeur. So teen 11-uur, kort voor sluitingstyd, het twee verliefdes in hul laat twintigerjare, hier ingekom vir ‘n “night cap”, ooglopend nadat hulle reeds ‘n bietjie doenig met mekaar was, waarskynlik in die Bandamp;B hier om die draai. Hulle het nie juis sag gepraat nie, want daar was reeds heelwat petrol in die tenks. My inherente nuuskierigheid het my my ore laat spits.

Hy: “Miemsie, ek ken jou nog nie lank nie, hou baie van jou, weet jy hou van my, maar ek is baie bekommerd. Het jy al voorheen met ‘n man so ver gegaan soos jy vanaand met my gedoen het?”

Sy: “Pieter, vir jou inligting, my pa is ‘n wewenaar-multi-miljoener van Southbroom. Ek is die enigste kind, en gaan al sy geld erf. Ek het drie-miljoen rand in my eie bankrekening. Vir jou inligting, daar staan ‘n Ferrari Testarossa in my motorhuis. Wat de donner maak dit tog saak hoe ver ek met ander mans gegaan het?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.