Wouter se Watergat

2015-08-27 06:01

WOUTER WILLEMSE

DIE Watergat is stadig maar seker besig om weer sy ou klante terug te kry na die ruk wat hy toe was. Die woord is besig om te versprei dat ons biere nog steeds van die goedkoopste op die hele Suidkus is, en ons kos die beste gehalte vir geld in die hele omgewing.

Ons twee voorslagkokke in die kombuis, albei Zoeloe-vroue wat deur myselwers opgelei is, Okkie en Beatrice, maak vis byvoorbeeld gaar soos dit hoort - nie rou nie, maar perfek gaar (daar is letterlik sekondes tussen rou en oorgaar). Dit word bedien met ‘n slaai wat nie net ‘n bed blaarslaai, paar stukkies tamatie en uie is met flenter- stukkies fetakaas nie. Nee, dis basiliekruid, spinasie, “roket”-blare en “rosa”-tamaties, avokado in seisoen, en ander lekker groenigheid. Geen kropslaai om die bord vol te maak nie.

Hoeveel watergate of ‘pubs’ in ons wereld gee jou taai biefstuk (swak gehalte vleis om koste te bespaar) en 90% blaarslaai as ‘n “pub lunch?” Teen R70? Of ‘n hamburger met dieselfde slaai en ‘n frikkadel van swak beesvleis en die res sojaboon-pasta? Opgedollie met ‘n goeie tamatie-blatjang of wat ookal om dit lekker te laat smaak? Of oorgaar-vis? Of suur hoenderlewers?

Die afgelope week was een van die hooftemas weer die dodetal en aantal padongelukke op die Suidkus-paaie. Die voorspelbare meerheidsmening was ons bestuurders is swak opgelei, talle het geen rybewyse nie, ken nie die padreels nie, en is eenvoudig roekeloos. Het ek gehoor iemand noem “minibus-taxis”? Nog ‘n wroegpunt was die toestand van die land en die ekonomie in die algemeen. Almal het saamgestem indien daar nie ‘n soort politieke wonderwerk baie vinnig gebeur nie, is ons almal in ons kanon in. Behoorlik en finaal. Oom Pottie en die meerderheid ander dink ek praat bollie, maar ek glo vas daardie wonderwerk gaan gebeur. Dit moet eenvoudig net. Ek het kleinkinders.

Kan daar ‘n week in die Watergat verbygaan sonder dat ‘n woord oor rugby gespreek word? “K*k vraag, sit” soos die korporaal destyds gese het. Groot was die blydskap Saterdagaand na die Springbokke en die Sharks se oorwinnings …Pottie weer in ekstase oor sy geliefde Golden Lions. Ons raad aan hom was: wag tot die naweek …ongelukkig het ek ‘n gevoel die Lions gaan hard brul in Durban.

Waaroor ons amal saamgestem het is dat Heyneke Meyer ‘n lat vir sy eie bas gepluk deur Jesse Kriel, normaalweg ‘n heelagter of senter, verlede Saterdag uit posisie op vleuel te laat speel pleks van die spesialisvleuel Lwazi Mvovo. Hoe troef jy Tony Ehrenreich en Cosatu wanneer hulle ‘n rasse-herrie probeer aanstig en die afrigter gee hulle ‘n stok om hom mee te slaan?

Maandagmiddag het Willie Uys van Port Edward ‘n regmaker kom drink. Gelyk of een van Dezzi se masjiene oor hom geloop het. Toe hy daarna gevra word, vertel hy ons hy en Piet Heckroodt, Sam Taylor en sy boesemvriend Sampie Theron het Sondag ses bottels sjampanje in ‘n gholfwedstryd op Southbroom gewen, en dat al vier leeg was teen middernag. “Maar Willie, hoe so? Piet, Sam en Sampie drink mos nie meer nie?” Willie het my net meewarig aangekyk en ek kon sien hoe sy klop sy kop: “Dit was juis die probleem.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.